Konstruksiekrisis looi Wispeco Namibia lelik
Meer as 100 werkers is sedert Junie 2016 afgedank.
Augetto Graig
Die ineenstorting van die plaaslike boubedryf het Wispeco Namibia genoop om 110 werkers in Windhoek, Ondangwa en Rundu af te lê.
Daar steek egter geen waarheid in gerugte dat dié onderneming vandag sy deure moet sluit nie, het mnr. Jeremy George, hoof kommersiële en bedryfsbeampte van die Frans Indongo-groep, aan Republikein gesê. Dié groep besit Wispeco Namibia.
“Ons moes ons sakemodel krities heroorweeg en dit het gelei tot buitengewone afskaling,” het hy gesê. Pakhuise op Rundu en Ondangwa asook in Windhoek is reeds toegemaak, terwyl Wispeco se aluminium- en glasbedryf na die hooffabriek op die Ruhrstraat-perseel in die hoofstad verskuif is. Een perseel op Swakopmund sal ook met sake voortgaan.
George sê die strategie agter die afskaling “is om die huidige ekonomiese storm deur te sien en om ons in 'n posisie te sit om vinnig te reageer sodra die boubedryf herstel. Ons is nie van plan om uit die plaaslike staal- en aluminiumbedryf te tree nie.”
Wat betref die hervorming van die onderneming, sal sake-aktiwiteite fokus op die vervaardiging van aluminiumvenster en -deurrame, asook roldeure en die maak van staaldeurkosyne. Die maatskappy sal ook handel dryf in staalprodukte soos vensterrame. Volgens George sal die hervormde onderneming vanaf 1April ten volle in werking wees.
“Dit is inderdaad baie jammer dat die herstrukturering so 'n groot aantal werknemers raak; ons personeelgetalle het gedaal van 160 tot 50 sedert hierdie proses in Junie 2016 begin is. Ons bied diegene wat geraak word en wat bevoeg is, die geleentheid om aansoek te doen vir vakatures by ander geassosieerde groepmaatskappye,” het hy gesê.
Van belang vir George is die feit dat geen skuldeiser van Wispeco in gevaar gestel is in die proses nie, en dat die aandeelhouers ten volle agter die onderneming staan.
Gerugte van wanbestuur en bedrog wat tot die finansiële penarie van die maatskappy bygedra het, is onbevestig, maar George sê die groep is besig met ondersoeke. Hy wil in die stadium geen verdere besonderhede verstrek nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie