Koningin vereer jong Namibiërs
Twee jong Namibiërs, mee. Nyeuvo Amukushu (19) van Oranjemund, en Hilda Nambili Liswani (25) van Windhoek, gaan elk op 29 Junie 'n Queen's Young Leaders-toekenning ontvang.
Die Britse koningin, Elizabeth II, sal die toekenning persoonlik aan Amukushu en Liswani by Buckingham Palace oorhandig.
Dié toekenning gee erkenning aan vier inspirerende jongmense dwarsoor die Statebond wat hulself toewy aan verandering in hul onderskeie gemeenskappe.
Amukushu en Liswani word geprys vir die werk wat hulle doen om jongmense deur middel van entrepreneurskap te ondersteun en by aktuele sake te betrek.
Uit duisende jongmense wat vir dié toekenning ingeskryf het, is slegs 60 as wenners gekies.
Die 2017-wenners van die toekenning werk in hul gemeenskappe om ander te ondersteun, om bewustheid te skep en om verandering te inspireer.
Dit sluit in om kwessies soos afknouery in skole aan te spreek, om die omgewing te bewaar en om geslagsgelykheid te bevorder.
Amukusha en Liswani sal ook ’n draai by 10 Downingstraat maak, aan lesings deelneem wat by BBC World en Facebook se Britse hoofkantoor aangebied word, die Statebond se sekretaris-generaal ontmoet en werkswinkels by die universiteit van Cambridge bywoon.
Die program sal afsluit met die afskop van die soektog na die volgende en laaste wenners van die Queen’s Young Leaders.
Die toekenning, wat van 2014 af erkenning aan jongmense gee, kom in 2018 tot ’n einde.
Jongmense tussen die ouderdom van 18 en 29 kan www.queensyoungleaders.com vir meer besonderhede besoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie