Komsberg, juweel in Namibië se landboukroon

N$1 miljard is die afgelope vier jaar aan uitbreidings op plaas Komsberg bestee, wat dit een van die grootste landbouprojekte ooit in Namibië maak.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – “Ons wil nie die grootste plaas in Namibië wees nie, maar ons streef daarna om die beste plaas te wees en die beste in ons mense na vore te bring.”

Só beskryf Jacques Clift (44), hoofbestuurder van Komsberg, die etos van dié 23 000 ha tafeldruiweplaas in die mees suidoostelike hoek van die land waar produksie- en infrastruktuuruitbreidings van N$1 miljard die afgelope vier jaar gedoen is.

Buiten die aanlê van 76 ha se nuwe wingerde, is 107 000 sitrusbome van verskillende variëteite sagte sitrus soos naartjies en pomelo’s ook op 96 ha gevestig.

Dit is eerste sitrusaanplantings in die Suide en gan Komsberg die sitruskoning van Namibië maak.

Mnr. Ali Saeed Juma Albwardy (64), miljardêr-sakeman van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), het Komsberg in Maart 2017 gekoop. Dit het aan die Louis Group van Suid-Afrika behoort, en was in die proses om gelikwideer te word.

Die hartklop van sy sakeryk is Albwardy Investment in die VAE. Die afgelope 40 jaar het die groep talle toonaangewende handelsmerke en maatskappye tot sy portefeulje gevoeg.

Met ’n jaarlikse omset van meer as US$1 miljard (bykans N$15 miljard), doen die groep sake in die voedselkleinhandel en -verspreidingsbedryf, konstruksie, skeepswerwe en ingenieurswese asook die gasvryheids en -hotelbedryf. Die hoofkantoor is in Dubai, maar die groep doen besigheid in die Midde-Ooste, Europa, Suid-Amerika en Afrika.

Komsberg is die enigste onderneming in die groep wat op landbouproduksie fokus.

Jacques is in 2017 deur Albwardy gewerf om Komsberg te bestuur en die produksie uit te brei nadat hy vroeër by ACG Fruit naby Kakamas in die verbouing van tafeldruiwe en sitrus betrokke was.

Hy en sy vrou Jennifer (44) se twee kinders, Werner (17) en Deidre (16), gaan op Upington skool.

UITBREIDINGS

Een van die grootste kapitaalbestedings op die plaas was die vestiging van 76 ha tafeldruiwe en 96 ha sitrus onder nette. Om die meer as 170 ha voor te berei, moes reusegrondverskuiwings gedoen word en plofstof is gebruik om klipbanke te verwyder, vertel Jacques.

“Komsberg het nou 1 400 ha vir verbouing beskikbaar. Ons het die grond, die water en die arbeid.”

’n Personeeldorp is ook gebou waar 130 van die 147 permanente plaaswerkers reeds in tweeslaapkamerhuise met ingeboude kaste, ’n binnehof met braaiplek en goedtoegeruste kombuise gehuisves word. Daar is ook bykomende blyplek vir 448 seisoenale werkers gebou.

Wanneer die seisoen van November tot middel Januarie in volle gang is, styg werkergetalle tot sowat 850, sê Jacques.

Die bestuurslede se huise nestel op die oewer van die Oranjerivier, waar daar ook ’n private lodge vir besoekers is. Net langs die lodge is die Albwardy-familie se huis gebou waar hulle tydens besoeke aan die plaas tuisgaan.

Jacques sê goeie personeelbetrekkinge en aangename verblyf- en werksomstandighede is vir hom as hoofbestuurder van groot belang en hy loof Albwardy vir die meer as N$300 miljoen wat hy aan die behuising op Komsberg bestee het. Gelukkige werkers is produktiewe werkers, sê hy.

Wat die verbetering van produksie betref, het Jacques reeds baie van die ou wingerde uitgehaal en vervang. Daar is egter steeds wingerde wat 20 jaar en langer gelede op Komsberg gevestig is.

Hy sê 13 verskillende variëteite tafeldruiwe word op Komsberg verbou. Wanneer die nuwe wingerde in 2022 in produksie is, sal Komsberg jaarliks sowat 880 000 kartonne (4,5 kg druiwe per karton) tafeldruiwe vir die uitvoermark produseer.

Een van die kleinhandelgroepe wat deur Albwardy Investment besit word, is Spinneys in die VAE.

“Dit is soos ’n Woolworths op steroïede en van die tafeldruiwe wat op Komsberg verbou word, is daar op die rakke beskikbaar.”

Die groep het ook noue bande met die Britse kettingwinkelgroep, Waitrose, in die Midde-Ooste.

Albwardy Investment besit ook ’n aandeel in Bet-El Fruits in Suid-Afrika, wat die verspreidingslogistiek van Komsberg se tafeldruiwe behartig.

SITRUSBOORDE

Oor die sitrusmoontlikhede sê Jacques: “Hierdie is ’n goeie gebied vir sitrus omdat dit vry is van swartvlek en die risiko’s vir siektes en plae baie laag is. Hierdie lae risiko bring mee dat ons tot baie meer markte toegang kan kry.

“Daar word op 'n klein skaal sitrus in die Noorde van Namibië, maar met ons aanplantings gaan ons teen 2023 as ons in produksie is, die grootste sitrusprodusent in Namibië wees.”

Hy sê die projeksie is ’n jaarlikse opbrengs van 255 000 kartonne sitrusvrugte van 15,5 kg elk.

Jacques sê hy het 1 111 sitrusbome per hektaar geplant, wat ’n hoë plantdigtheid verteenwoordig. Die gevolg daarvan is dat hy in jaar 3 reeds soveel vrugte kan oes as wat produsente met ’n laer plantdigtheid eers teen jaar 5 kan afhaal.

Die beginsel van hoër plantdigtheid is ook in die wingerde gevolg. “Ons plant 3 m by 1,5 m of 1,8 m, afhangend van die variëteit. Omdat jy dan meer wingerdstokke per hektaar kan plant, kan jy wegkom met ’n laer produksie per stok. Dit verlaag die stremming per stok,” verduidelik hy.

WATER EN ELEKTRISITEIT

Komsberg se waterpermitte laat die verbruik van 2,1 miljoen kubieke per jaar toe. “Dit beteken Komsberg het die vermoë om 1 400 ha te besproei, want ons het 15 000 kubieke meter water per hektaar nodig,” sê hy.

“Waterpermitte word elke vyf jaar hersien en ons kom weer in 2023 aan die beurt. As jy kan toon dat jy produksie verhoog en werk skep, is die kans baie skraal dat jy jou waterpermitte sal verloor.”

NamPower se 400kV-transmissielyn wat die Namibiese netwerk met Suid-Afrika verbind, loop oor die plaas. Anders as die ZZ2-groep se dadelboerdery, Karas Date Farming, verder stroomaf teen die Oranjerivier, is NamPower-elektrisiteit op Komsberg beskikbaar.

Karas Date Farming kry hulle elektrisiteit van Eskom in Suid-Afrika af.

Elektrisiteit is egter van die groot kostekomponente in die produksie-uitgawes, sê Jacques. Die waterpompe se elektrisiteitsverbruik is hoog en die plaas se kragrekening beloop sowat N$1,4 miljoen per jaar. Daarom is ‘n sonplaas een van die volgende groot projekte wat hy beoog.

“Ons kan nie 100% op sonkrag steun nie. As ons egter met gravitasie uit opgaardamme kan besproei en nie daarvoor elektrisiteit benodig nie, kan ons twee-derdes van die plaas met sonkrag bedryf,” verduidelik Jacques.

TOEKOMSPLANNE

Jacques is reeds besig met bloubessieproewe op die plaas en is van plan om in die toekoms ook op dié hoëwaarde produkte te fokus.

Dadels is die ander gewas wat in die vooruitsig gestel word. “Mnr. Albwardy is gek oor dadels,” vertel hy.

Desert Fruit met sy 22 000 dadelbome grens aan Komsberg en die gebied leen hom by uitstek vir die verbouing van dadels.

Die moontlikheid van ’n almagamering in die toekoms is ’n opsie eerder as om self dadels te vestig, sê hy.

"Omdat ons vir uitvoermarkte produseer, baat ons by die wisselkoers. Maar ons insetkoste styg jaar na jaar baie en daarom moet ons meer produseer en nuwe geleenthede ontgin,” sê Jacques.

Dat Komsberg onder Albwardy, en met Jacques aan die stuur van sake, besig is om die blinste juweel in Namibië se landboukroon te word, is gewis.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.26/OZ DOWN -0.0009 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0104 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.16/BBP UP +0.73% | Platinum US$ 975.46/OZ DOWN -0.0032 Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Weather: Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.26/OZ DOWN -0.0009 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0104 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.16/BBP UP +0.73% | Platinum US$ 975.46/OZ DOWN -0.0032