u2018Kommerwekkende stygingu2019 in Windhoek-gevalle
u2018Kommerwekkende stygingu2019 in Windhoek-gevalle

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, gister as “kommerwekkend” beskryf is.

Shangula het gister 128 nuwe gevalle van die siekte in die land aangekondig, waarvan 79 gevalle in Windhoek was. Uit die 79 gevalle het nog drie gesondheidswerkers positief vir Covid-19 getoets.

Buiten die 79 gevalle in die hoofstad is 35 in Walvisbaai, 10 op Swakopmund en een elk in onderskeidelik Onandjokwe, Outapi en Keetmanshoop aangemeld. Volgens Shangula bestaan die 128 nuwe gevalle uit 77 mans en 51 vroue. Die jongste is tien maande oud en die oudste 83.

Volgens Shangula is dit ook rede tot kommer dat daar al hoe meer gevalle is waar die persoon nie kan aandui dat hy of sy in kontak met ’n bevestigde geval was nie.

“Dit kan die punt van die ysberg wees en ons meer gevalle in gemeenskappe kan hê of sommige mense weerhou inligting,” het Shangula gesê.

Die geval op Onandjokwe is 'n 63-jarige man met geen kontak met 'n bevestigde geval nie. Die geval op Oshakati, 'n 24-jarige vrou, het ook geen kontak met 'n bevestigde geval gehad nie, so ook die 30-jarige man op Outapi en die 41-jarige man op Keetmanshoop nie.

Die minister sê tans is vyf mense uiters siek; een in die Khomas en vier in die Erongostreek. Ses is kritiek en wel vier in die Khomas en twee in die Erongostreek.

Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in die land staan tans op 3 229 waarvan 2 495 gevalle aktief is. Die sterftesyfer bly op 19 en tans is 1 605 mense in kwarantyn in geriewe oraloor die land. Tot op hede is 36 287 weefselmonsters getoets, met die Universiteit van Namibië se mediese skool wat nou ook toetsing doen.

Intussen het die waarnemende uitvoerende hoof van die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP), dr. David Uirab, in ’n onderhoud met Republikein erken ‘n groot agterstand met toetsing word steeds ervaar. Uirab het dit as ’n “voortdurende stryd” beskryf.

Volgens Uirab is die standaard van 540 toetse per dag tot 720 by NIP verhoog, terwyl Pathcare se toetse nog bygereken moet word. Die Universiteit van Namibië se mediese skool en Namdeb op Oranjemund het intussen ook met toetsing begin.

Volgens Uirab ontvang NIP tot 1 600 toetse op ’n dag, meer as wat hulle in 24 uur kan verwerk. NIP se laboratoriums op Keetmanshoop, Oshakati en Walvisbaai kan nou ook Covid-19-toetse doen, terwyl pogings onderweg is om ook die laboratoriums op Katima Mulilo, Rundu, Onandjokwe en Otjiwarongo te betrek.

Met verwysing na die tydperk van kwarantyn en isolasie wat verkort is en ’n tweede negatiewe toets wat nie meer nodig is om ontslaan te word nie, sê Uirab hy verwag dit sal “hopelik in twee weke” ’n positiewe uitwerking op die verwerking van toetse hê.

Met verwysing na die toets vir teenliggaampies teen die siekte by persone wat van Covid-19 herstel het, het hy gesê NIP is slegs by die diagnostiese proses betrokke.

“Dit is deel van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se openbare reaksie tot die siekte en hang onder meer van die vlak van blootstelling af,” het hy gesê.

Namibië se bevestigde gevalle was Maandag 0,1% van die totale bevolking teenoor die 0,9% van Suid-Afrika, wat beteken Suid-Afrika het per kapita nege keer meer gevalle as Namibië. Die buurland se sterftesyfer uit bevestigde gevalle is 1,9% teenoor Namibië se 0,6%. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A