Kommersiële oes van rooshout nie volhoubaar

12 July 2019 | Ministeries
Ogone Tlhage - Die kommersiële oes van rooshout en ander swaarder tipes hout is nie volhoubaar nie en moenie toegelaat word nie.

Só het die uitvoerende direkteur van die omgewing en toerisme, mnr. Teofilus Nghitila, vandeesweek by ’n slypskool oor bosboubestuur gesê.

“Ons mening as die ministerie van die omgewing en toerisme is dat ons nie kommersiële houtoes ondersteun nie. Die kommersiële oes van hout moenie in Namibië toegelaat word nie,” het hy gesê.

Volgens hom moet die ministerie van landbou, water en bosbou leiding oor die kommersiële oes van hout neem.

Hy sê die kommersiële oes van rooshoutbronne kan tot uitwissing in Namibië lei.

“Verbeel julle ons maak hierdie woude skoon; dit sal nie herstel nie,” het Nghitila gesê.

“Rooshout se herstelproses is so stadig. Daar is waardes wat nie gekwantifiseer kan word as rooshout kommersieel geoes word nie. Dit is beter as dit vir biodiversiteit bewaar word,” het hy gesê.

Volgens die uitvoerende direkteur is plaaslike rooshout wat kommersieel geoes is vir ’n appel en ’n ei verkoop.

“Ons het dit letterlik gratis uitgevoer,” het hy gesê.

Nghitila het voorgestel enige rooshout wat geoes, maar nog nie uitgevoer is nie, plaaslik tot voordeel moet wees.

"Waarom verwerk ons dit nie plaaslik nie? Daar is moontlikhede,” het hy gesê.

Volgens ’n voorlegging wat die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se fakulteit natuurlike hulpbronne voorberei het, is dit onbekend hoe lank dit rooshout in Namibië neem om wasdom te bereik.

Dieselfde studie het bevind in gebiede waar kommersieel geoes is, het swaar hout in 25 jaar nie herstel nie.

Dr. Chris Brown, die Namibië Kamer van die Omgewing (NCE) se uitvoerende hoof, het gesê Namibië is te ver op die kantlyn om rooshout kommersieel te oes, tensy daar ’n kontroleerbare waardebepaling vir oeste is.

Hy het soos Nghitila voorgestel dat rooshout wat reeds geoes, maar nog nie uitgevoer is nie, plaaslik verwerk moet word.

“Die klein opbrengs moet in Namibië gehou word.”

Hy het ook voorgestel strenger wette word ingestel om die kommersiële oes van hout te voorkom.

Volgens Nust se navorsing is sowat 30 000 kubieke meter hout geoes, wat sowat 60 000 boomstompe is.

Soortgelyk

 

Gróót dag by ECN

2 dae gelede | Regering

Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) hou vandag 'n openbare sitting by sy hoofkantoor in Windhoek waartydens die bevestigde lys van politieke partye en presidensiële...

A force to be reckoned with

2 dae gelede | Mense

Evany van Wyk Eleven years ago Charmaine Davids decided to create a one-stop shop for all human resources (HR) services and today she is...

Energy-efficiency key to fight climate change

2 dae gelede | Mense

Ruan BestbierThe Bank of Namibia report on Namibia’s second quarter performance found that fuel imports significantly contributed to the decline in the country’s current account....

Sarah Diouf Beyoncé se Afrika-ontwerper

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Kollig voorbladfoto

Swapo swig voor ECN-druk

2 dae gelede | Politiek

Denver Kisting – Sestien uit die 17 van Swapo-lede wat volgens ’n interpretasie van die kieswet – en die Grondwet – verbied word om as...

Man gesels uit hospitaalbed oor Outjo-aanval

2 dae gelede | Misdaad

Elvira Hattingh - “Kyk, as ‘n koeël my nie kan onderkry nie, gaan niks nie. “Ek is positief, maar hartseer dat iemand so iets kon...

Smooth operator

2 dae gelede | Mense

Michelline Nawatises Zaskia Joubert has been part of the Sanlam family for more than five years. She joined the company immediately after the successful completion...

Let’s get fiscal

2 dae gelede | Mense

Michelline NawatisesAstrid Jacobi is a born and bred Namibian. She went to school in Windhoek and completed her bachelor’s and honours degrees in accounting at...

Going for it

2 dae gelede | Mense

Wisdom is a girl’s best friendEvany van Wyk In her current role as Bank Windhoek’s communication practitioner for electronic and new media, Veno Mbuende has...