Kommer: Jagluiperds se getalle daal drasties

Status van klassifikasie moet verander, sê CCF

29 December 2016 | Omgewing
Daar is net sowat 7 100 jagluiperds plek-plek in Afrika oor en minder as 50 van die Asiese subspesie in Iran, 'n daling van sowat 90% oor 'n eeu.

Dié statistieke is vervat in 'n nuwe verslag, Dis­appearing spots: The global decline of cheetah and what it means for conservation, wat Maandag in die joernaal Proceedings of the National­ Academy of Sciences, gepubliseer is.

Die stigter en uitvoerende direkteur van die Jag­luiperdbewaringsfonds (CCF), dr. Laurie Marker, is medeskrywer van die verslag.

Die verslag is die resultaat van 'n jagluiperd­program wat verskeie navorsers byeen gebring het om die beste data oor habitat en bedreigings saam te stel.

Jagluiperdgetalle het oor 'n eeu vanaf sowat 100 000 met 90% gedaal en hul habitat het ook met 90% verminder. Die hoofrede vir die drastiese daling is die dramatiese toename in menslike indringing, verandering in grondbesit, groot­skaalse omheining, ­politieke onstabiliteit en dat be­skermde gebiede-­stelsels onvoldoende vir langtermynoorlewing is, met die meeste jagluiperds wat buite beskermde gebiede bly.

Weens groeiende mens­like bevolkings het die jag­luiperd meer as 90% van sy geskiedkundige habitat verloor, volgens die verslag. Jagluiperds wat 'n nie-aggressiewe aard het, vaar nie goed in wildreservate of ander be­skermde gebiede nie waar roofdiere hul prooi steel of hul kleintjies vang. Dit bring jagluiperds in noue kontak met boere wat weer tot verhoogde konflik lei.

Sowat 70% van die oorblywende jagluiperdbevolking word buite be­skermde gebiede gevind met net die helfte in suider-­Afrika.

“Zimbabwe se jagluiperdbevolking het oor die afgelope 15 jaar met 85% gedaal weens grondverspreiding en politieke onstabiliteit,” het Marker gesê.

Volgens dr. Anne-Schmidt-Kuentzel, die CCF se genetikus en assistent-­direkteur van dieregesondheid en navorsing asook medeskrywer van die verslag, sê jag­luiperdgetalle kan oor 'n kort tydperk drasties daal, want hulle word makliker as kleiner spesies geteiken en verwyder.

“Dié feit moet in ag geneem word wanneer die jagluiperd se status beoordeel word.”

Bewaringkundiges versoek die Wêreldbewaringsunie (IUCN) dat die wêreld se vinnigste soogdier na 'n ernstiger kategorie, van weerbaar na bedreig, geklassifiseer word.

Die CCF onderrig boere en gemeenskappe en die veewaghondprogram ingestel - die enigste effektiewe prooibeheerinstrument. Die CCF het sedert 1994 al meer as 650 van hierdie waghonde­ (Anatoliese skaaphonde) saam met Namibiese boere geteel, opgelei en uitgeplaas. Dieselfde program is ook in Botswana, Suid-­Afrika en Tanzanië van stapel gestuur en honderde jag­luiperds se lewens gered.



ONWETTIGE TROETEL­DIERHANDEL

'n Ander groot bedreiging­ vir jagluiperds is on­wettige troeteldierhandel, waar die aanvraag na jagluiperdwelpies om troeteldiere te word (hoofsaaklik in die Golfstate) lei tot stropery en smokkeloperasies in die Horing van Afrika.

CCF het dit onder die aandag van die Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) gebring om kwessies oor onwettige handel en stropery te takel.

“Terselfdertyd moet daar ook gekyk word na grondgebruikverandering, wildheinings en politieke­ onstabiliteit, wat groot faktore is wat bydra tot die daling in getalle,” het Marker gesê.

“In Namibië word jagluiperd­bewaring deur die regering en die plaas­like bevolking omhels. Namibië is die tuiste van sowat 'n derde van die wêreld se jag­luiperds, dus het ons die bynaam as die jagluiperdhoofstad van die wêreld,” het Marker gesê.

Vir meer inligting, kontak die CCF by [email protected] of besoek sy webtuiste by www.cheetah.org.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

5 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

5 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

7 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

8 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

9 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

19 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

19 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...