Koekeloer! gratis op YouTube

23 July 2020 | Kuns en vermaak
As jy nog nie die Afrikaanse klug Koekeloer! gesien het nie, kan jy dit tot 9 Augustus elke aand om 19:00 gratis op YouTube kyk.

Dit word deur die Staatsteater in Pretoria aangebied, waar dit vroeër op die planke sou wees voor die staat van inperking aangekondig is.

Theatrerocket is die vervaardiger van dié klug uit die pen van Braam van der Vyver.

Dit het verlede jaar op die Standard Bank Innibos Kunstefees in Mbombela gedebuteer, waarna dit elders opgevoer is.

Volgens Erick Ndlala, bemarker en woordvoerder van die Staatsteater, beplan die teater om nog Afrikaanse konserte regstreeks te vertoon, maar ná 9 Augustus sal teatergangers Koekeloer! net teen betaling kan kyk.

Koekeloer! speel af tydens die eindronde van die bak-program Koekedoor met die finaliste Marie en Marié wat meeding. Marie is ’n oujongnooi en is ongemaklik in haar lyf, terwyl Marié ’n lingerie-model is. En vir ds. De Groot is dit een te veel wanneer hy met sekere klein kledingstukkies te doen kry. Die vraag bly wie in die kompetisie met die louere gaan wegstap.

Die konsert is op Innibos verfilm.

• Die spelers is Gavin van den Berg, Ben Pienaar, Roché van Blerk, Émil Haarhoff, Juanita de Villiers-Velts en Tiaan Slabbert.

• Dit word elke aand om 19:00 op YouTube uitgesaai. - Netwerk24

Soortgelyk

 

Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later...

Eina, jou doring

1 uur gelede | In beeld

Kristien Kruger het die foto van die geelvink wat op ’n doringdraad hardloop in haar tuin in Klein Windhoek geneem.

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

1 uur gelede | Howe

Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid...

Weer vir 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal in die Suide voorkom. BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees....

Uitlewerings op ys weens virus

1 uur gelede | Misdaad

“Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”...

Eros se aanloopbaan opgeknap

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerOfskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande...

Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

1 uur gelede | Mense

Jana-Mari SmithSes jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet...

Lesersfoto's 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Lesersfoto's

Gelukkige varkie: “Dit is soos dit hoort,” sê Björn Basler. Familie: AK van Donkerhoek het die foto van die wilde perde by Aus geneem. Mooi:...