Koeke om van te kies en te keur

05 April 2019 | Gebeure
Sodra julle besluit het op ’n smaak en geur, moet gekyk word na hoe die nagereg moet lyk. Terwyl “kaal” troukoeke en wit versiersel waarskynlik nooit uit die mode sal wees nie, kan julle oorweeg om een of twee van die volgende troukoekneigings vir ’n mooi, moderne aanslag te gebruik.

Koninklik

Almal het waarskynlik die asemrowende troukoek gesien wat Meghan en Harry by hul onthaal voorgesit het. Kenners meen paartjies gaan vanjaar van tradisionele koeke af wegbeweeg en alternatiewe ontwerpe kies – soos hierdie gedekonstrueerde koek. In plaas van lae koek wat bo-op mekaar gestapel is, het die paartjie besluit om drie koeke wat dieselfde lyk, op individuele koekstaanders uit te stal. Die finale prentjie is dramaties en gaan perfek by enige soort dekor inskakel.

INSERT PHOTO MODERN ROYAL

Stapelgek

Kort, opgestapelde koeke is iets van die verlede! As jy ’n moderne koek vir jou troue wil hê, kies een wat langwerpig en slank is. Jy kan ’n enkellaag kies, ’n superlang slanke, of een met koeke van verskillende hoogtes. Hierdie werk bykans met enige koekstyl, maar is veral treffend met ombre en “kaal” koeke.

INSERT PHOTO TALL TIERS

Getekstureerde botterroom

As julle mal is oor botterroomversiersel, is hierdie troukoek die een vir julle. Bakkers gebruik hul paletmes om tekstuur te skep, soos hierdie elegante koek met vanieljebotterroomversiersel, wat met beet en houtskool gekleur is.

INSERT PHOTO BOTTERROOM

Koper

Alles wat blink, is nie goud nie! Koper is tans die in kleur, so voeg ’n bietjie daarvan by jou ontwerp. Wenk: As jy nie hou van hoe helder, blink stapelkoeke lyk nie, kan jy altyd ’n gekleurde drup- en versierselontwerp gebruik soos by hierdie koek.

INSERT PHOTO COPPER

“Kaal”

“Kaal” troukoeke is al ’n ruk lank in die kol, maar deesdae is bakkers al hoe meer avontuurlustig wat styl betref. Hulle voeg interessante ontwerpe by, asook verskillende geure en kleure. Met dié koek kry jy die gewilde koekstyl, maar met ’n bietjie meer kreatiwiteit.

INSERT PHOTO NAKED

Geometries

Die geometriese neiging is tans baie gewild. Jy kan dit gebruik om die voorkoms van jou stapelkoek te inspireer – driehoeke en seshoeke is ’n bietjie interessanter as vierkante en sirkels. So, vra jou bakker om geometriese ontwerpe op jou koek in te ets met versiersuiker, fondant of voedselkleursel.

INSERT PHOTO GEOMETRIC

Vertikale valle

Hierdie styl is nie juis nuut nie, maar as jy dit ’n moderne voorkoms wil gee, draai die valle op hul sy sodat dit eerder vertikaal as horisontaal loop. Plaas dit saam met ’n eenvoudige tweede en derde stapelkoek sodat die ontwerp regtig uitstaan. Dit lyk ewe mooi as ’n enkele, regop stapelkoek.

INSERT PHOTO VERTICAL

Botanies

As jy besluit om jou trouvenue met plante en groenigheid te versier, hoekom nie botaniese wonderwerke by jou troukoek voeg nie? Vra jou bakker om ’n paar van jou gunstelingblomme by jou koek te voeg met versiersuiker en kleursel – of dalk selfs regte blare! – Bron: weddingwire.co.uk

INSERT PHOTO BOTANIC

Soortgelyk

 

Vier wildehonde proe vryheid

20 ure gelede | Omgewing

Ná die tragiese skietvoorval in Februarie toe drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die Internasionale Lughawe Hosea...

Vlieëniers vlieg ‘blind’

20 ure gelede | Vervoer

CATHERINE SASMAN – Lugrederye in Namibië en dié wat deur die land se lugruim vlieg, is ontstoke oor die plaaslike burgerlugvaartowerheid (NCAA) se besluit om...

Kragskouspel in Windhoek

20 ure gelede | Plaaslik

Tanja BauseGister het 'n NamPower-transformator van 175 ton deur Windhoek gereis op pad na die Gerus-substasie naby Otjiwarongo, waar dit vandaan kom.Die transformator is in...

Onderwysministerie: Drywer vas oor ivoor

20 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg - ’n Drywer van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is gister omstreeks 03:00 in verband met die onwettige besit van olifanttande...

Bottelneusdolfyne floreer ná stranding

20 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Minstens 25% van Namibië se totale bottelneusdolfynbevolking het sedert 1991 reeds gestrand geraak, maar byna almal het oorleef. Dit laat navorsers wonder of...

Weer vir 18 Julie

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm maar baie warm in die noordelike streke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig, maar warm oor die sentrale kus.GETYE BY WALVISBAAI: L: 10:11...

Nuwe baadjie vir bib, argief

20 ure gelede | Ministeries

Die gebou wat die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe van Namibië huisves, gaan opgeknap word.Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in ‘n verklaring...

Bewaringskool gooi sy deure oop

20 ure gelede | Omgewing

Die Onguta AfriCat Mobiele Laerskool het op 11 Julie sy deure vir kinders en die gemeenskap van die Ehirovipuka-bewaringsgebied in die Noordweste oopgemaak. Vyf jaar...

Taylor Jaye tackles gender-based violence

20 ure gelede | Kuns en vermaak

Sponsored content - The continuing high rates of incidences of gender-based violence (GBV) in Namibia, further highlighted by rapidly increasing cases reported daily from victims...