Knap gedaan
NICO VENTER SKRYF:
Knap gedaan, Home Affairs! My paspoort het verval en ek het al die nodige dokumente gekry, dit laat sertifiseer en Maandagoggend om 11:15 in die ry gaan staan by binnelandse sake in Windhoek. Ek het my nommer gaan kry, 'n rukkie gesit en kyk na al die mense, gesigte, ens., en toe my beurt kom, het ek na toonbank 7 gegaan. Die vriendelike dame het deur my dokumente gegaan en seker gemaak dat hulle in orde is, en toe skuif ek na die kassiertoonbank toe. Daar het ek my geld betaal en voor die kamera ingeskuif - gelukkig het hy nie ontplof nie. Vanoggend, Woensdag, twee dae later het ek my paspoort afgehaal! Wie sê dit kan nie gedoen word nie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie