Klubliga u2019n aanduider vir WB-gereedheid
Klubliga u2019n aanduider vir WB-gereedheid

Klubliga ’n aanduider vir WB-gereedheid

Henry Kemp is ’n kandidaat om die volgende afrigter te word, en die NRU werk om wedstryde teen Zimbabwe vas te knoop.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die Namibië Rugby-unie se premierliga, wat verlede naweek afgeskop het, dien benewens die klubs se ambisies ook as ’n noodsaaklike barometer om die land se gereedheid vir internasionale kompetisie te bepaal.

Covid-19 het waardevolle potensiële speeltyd in die vierjaarsiklus tot die 2023 Wêreldbeker in Frankryk uitgewis en Namibië is op die oomblik baie ver van gereed om volgende jaar weer die paal te haal in die bepalende kontinentale uitduntoernooi.

Die NRU is in oorleg met Wêreldrugby in die mark vir ’n nuwe nasionale hoofafrigter om oor te neem by Johan Diergaardt, wat in Desember bedank het. Die pos is geadverteer en aansoeke sou gister gesluit het. Soos tevore het verskeie kandidate van buite die landsgrense opnuut aansoek gedoen.

Die koerant het bevestiging gekry dat Henry Kemp wel eergister sy aansoek by die NRU ingedien het. Kemp, huidig verbonde aan Walvisbaai Privaat Hoërskool en Kudus-rugbyklub, was die voorspeler-afrigter vir die 2015 Wêreldbekerspan en het ook op provinsiale vlak die Windhoek Draught Welwitschias afgerig.

Hy en Diergaardt is na verneem word die enigste plaaslike kandidate wat oor Wêreldrugby Vlak 3-afrigterskwalifikasies beskik – wat deur Wêreldrugby as ’n vereiste vir die hoofafrigter gestel word.

Maandagaand het Robbie Dickson en Chrysander Botha – wat tans in waarnemende hoedanigheid na die nasionale oefengroep omsien tesame met Sergio de la Harpe (krag en kondisionering) – net nege senior spelers by die veld aangetref, wat toe saam met Jood Opperman se o.20-groep geoefen het.

Dié klein getal is in teenstelling met die feit dat ’n senior groep van 63 spelers in oorleg met die klubs (premierliga én eersteliga) saamgestel is.

Dickson en Botha het die teenwoordige spelers aangemoedig om hul invloed op hul spanmaats se ingesteldheid en verbintenis positief te gebruik: “Ouens wat nie saam oefen nie, is geneig om jou ook in ’n wedstrydsituasie in die steek te laat.”

Tot laasweek was die bywoning by oefeninge glo beduidend beter, maar die vermoede is dat spelers nou eerder hul kluboefeninge bywoon ter voorbereiding op die ligawedstryde wat vir bykans elke Saterdag tot die geskeduleerde finaal op 17 Julie voorlê.

“Die reëling waarop die klubs en die nasionale spanbestuur in middel Maart ooreengekom het, is dat die aangewese spelers op Woensdae en Donderdae beskikbaar is vir hul klubs en vir die naweek se wedstryde. Op Maandag- en Dinsdagaande behoort hulle veldsessies by die Hage Geingob-stadion by te woon, tesame met ’n program van gimnasiumsessies vier keer per week.

“Ons besef dat dit nie realisties is om te verwag die spelers moet die ganse week in die nasionale opset deurbring terwyl die klubseisoen aan die gang is nie,” sê mnr. Theo Grunewald, uitvoerende hoof van die NRU.

ZIMBABWE AS OPWARMING

Grunewald het bevestig hy is met die Zimbabwe Rugby-unie in samesprekings oor voorgenome tuis-en-weg vriendskaplike wedstryde, voorlopig op die naweke van 12 en 19 Junie.

“In die huidige omstandighede (te midde van die hervatting post-Covid) is beide unies op soek na wedstrydgeleentheid vir hul spelers, maar ek glo nie die wedstryde sal toetsstatus hê nie. Die uitslae van toetswedstryde beïnvloed jou posisie op die wêreldranglys en daarom sal ons waarskynlik eerder iets soos ’n Welwitschias-vyftiental aanwys.”

Selfs sonder toetsstatus word ongetwyfeld ’n geelwortel na plaaslike spelers uitgehou om hul kleim af te steek. Vyf lede van die 2019 Wêreldbekerspan speel byvoorbeeld tans professionele rugby in Amerika en dit is nie ’n uitgemaakte saak dat hulle wel vrygestel sal word om die lang reis na Namibië aan te pak nie.

Die NRU is bestem om ’n driehoekige mini-toernooi in die 2021 Rugby Afrika-bekerreeks in Windhoek aan te bied, waarin Ivoorkus en Madagaskar van 1 tot 11 Julie die gasheerland kom uitdaag.

• Grunewald sê intussen FNB Reho Falcon het skriftelik bevestig dat hy gereed is om komende naweek sy eerste tuiswedstryde in die NRU premierliga en reserweliga teen FNB Grootfontein aan te bied. Falcon het voor laas Saterdag versoek dat sy wegwedstryd teen Trustco United vanweë Covid-10-gevalle uitgestel moes word.

Die ander twee premierliga-botsings is FNB Rehoboth se tuisstryd teen FNB Wanderers, terwyl die titelhouer Trustco United se besoek aan FNB Unam hul eerste ontmoeting sedert die dramatiese 2019-finaal is. Unam het onlangs aangekondig dat Diergaardt saam met Chrysander Botha en David Philander sy afrigterspan vorm.

[email protected]


FOTO
Jood Opperman (middel), afrigter van die Namibiese o.20’s, Maandag op die oefenveld saam met Robbie Dickson en Chrysander Botha wat in waarnemende hoedanigheid die nasionale senior groep hanteer. Foto Andrew Poolman

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.81/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.81/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045