KLM bring Namibiu00ebrs Dinsdag huis toe
KLM bring Namibiu00ebrs Dinsdag huis toe

KLM bring Namibiërs Dinsdag huis toe

Ronelle Rademeyer
Die Nederlandse redery het toestemming gekry om Dinsdag vir oulaas vanuit Amsterdam direk na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te vlieg om Namibiërs en inwoners met permanente verblyfreg in die land, huis toe te bring.
Dit blyk uit ‘n verklaring wat vandag deur dié redery uitgereik is.
Aangesien hulle vanuit ‘n hoë risiko-lande (Schengen-gebied) terugkeer na Namibië, sal die self-isolasie reël geld. (Sien hier onder.)
Die vlug sal Woensdag 25 Maart hier aankom en weer op 26 Maart terugkeer Amsterdam toe om Europiërs en Britte wat nog in Namibië is, na Europa te neem.
Ander internasionale rederye wat Namibië vanuit Ethiopië, Qatar en Duitsland bedien, mag sedert laas Saterdag nie meer hierheen vlieg nie.
Terugkerende Namibiërs en mense met permanente verblyfreg, kan ook op vlugte via Suid-Afrika na Namibië kom.
In hierdie stadium gaan geskeduleerde vlugte tussen Namibië en Suid-Afrika volgens die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) se uiteensetting van die regeringsbesluit, wel voort.
‘n Tydelike reisverbod van 30 dae geld vir Namibiërs en mense met permanente verblyfreg tensy hulle mediese behandeling in Suid-Afrika moet kry, noodsaaklike dienste soos humanitêre hulp verleen, of vragmotorsbestuur wat kos en ander noodsaaklikhede oorgrens vervoer.
So lyk die lys van hoë risiko lande
Volgens die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer (CDC) sal mense afhangend van hul reisgeskiedenis, gevra word om vir ‘n tydperk van 14 dae tuis in self-isolasie deur te bring. Die aftel begin op die dag waarop die persoon ‘n land verlaat het waar die coronavirus wydverspreid in die gemeenskap sirkuleer.
Die besluit is ingevolge van ‘n internasionale reisgesondheidskennisgewing geneem en die lande is:
China
Europa (Schengen-gebied):, België, Denemarke, Duitsland, Estland, Finland, Frankryk, Griekeland, Hongarye, Italië, Latvia, Liechtenstein, Litaue, Luxemburg, Malta, Monaco, Nederland, Noorweë, Oostenryk, Pole, Portugal, Slowakye, Slowenië, Spanje, Swede, Switserland, San Marino, Tjeggiese Republiek, Vatikaanstad, Ysland
Iran
Ierland
Japan
Maleisië
Suid-Korea
Verenigde Koninkryk: Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland
VSA
Met die aankondiging van die noodtoestand deur pres. Hage Geingob vroeër die week, is bogenoemde lande gelys as lande wat die 14 dae self-isolasie-reël vereis, “asook ander geraakte lande”. Laasgenoemde kategorie sluit Suid-Afrika in.

FOTO: airports.com.na

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!