Klippies laat EPZ skitter

Vergeleke met die dieselfde tydperk in 2016 het diamant­uitvoere na Israel in die eerste kwartaal vanjaar die grootste styging getoon, terwyl uitvoere na Switserland die meeste geval het.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy



'n Reusestyging in diamante wat deur die uitvoerverwerkingsone (EPZ) na die buiteland gekanaliseer is, het dié sone in die eerste kwartaal vanjaar Namibië se naasbelangrikste uitvoerbestemming gemaak.

Volgens die jongste syfers wat deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, het uitvoere na die EPZ in die eerste drie maande vanjaar bykans N$1,746 miljard beloop. Hiervan was N$1,744 miljard diamante.

Diamante wat in dié kwartaal via die EPZ uitgevoer is, was 73% meer as dié in die laaste drie maande van 2016 en 'n styging van 111% vergeleke met die eerste kwartaal verlede jaar.

In totaal het Namibië in die eerste kwartaal vanjaar bykans N$5,88 miljard se diamante uitgevoer. As sulks was dit die land se vernaamste uitvoerproduk en het dit bykans 35% van alle uitvoere verteenwoordig.

Diamante wat in die kwartaal onder oorsig vir buitelandse markte bestem was, het sowat N$615 miljoen minder valuta as in die vierde kwartaal in 2016 verdien. Vergeleke met die eerste drie maande van verlede jaar het dit egter vir N$608 miljoen méér se uitvoerverdienste gesorg.

Naas die EPZ was die meeste diamante in die eerste kwartaal van 2017 vir Botswana bestem. Meer as N$1,49 miljard se stene is na dié buurland uitgevoer – N$805 miljoen of sowat 35% minder as die laaste drie maande van 2016 én bykans N$1,06 miljard of 41% minder as in die eerste kwartaal van 2016.

Suid-Afrika was in die jongste kwartaal die derde grootste uitvoermark vir diamante met N$948 miljoen se blinkes wat oor die Oranje gekoers het. Ook dié syfers was egter laer: In die vierde kwartaal verlede jaar is meer as N$1,2 miljard se diamante na Suid-Afrika uitgevoer, terwyl bykans N$1,03 miljard in die eerste kwartaal van 2016 vir dié mark bestem was.

Ander lande waarheen diamante in die eerste kwartaal vanjaar uitgevoer is: Verenigde Arabiese Emirate (N$679 miljoen), België (N$557 miljoen), Amerika (N$223 miljoen), Israel (N$128 miljoen), Indië (N$85 miljoen) en Switserland (N$22 miljoen).

Vergeleke met die eerste kwartaal van 2016 het uitvoere na Switserland die meeste geval. In die eerste drie maande verlede jaar was diamantuitvoere na dié land N$282 miljoen. Nou is dit 92% minder.

Uitvoere na Israel het die meeste gestyg – met N$85 miljoen of bykans 197%.



Voertuie

Voertuie was Namibië se vernaamste invoerproduk in die eerste kwartaal vanjaar met meer as N$2,15 miljard daarvan wat die grens oorgesteek het.

Dit is N$267 miljoen of 14% meer as die vorige kwartaal, maar N$56 miljoen of 2,5% minder as die eerste drie maande van 2016.

Sowat 17% of N$375 miljoen van voertuie wat in die eerste kwartaal vanjaar ingevoer is, is weer uitgevoer. Dit is meer as die N$226 miljoen van die vorige kwartaal en die N$214 miljoen van die eerste kwartaal in 2016.

Bykans 74% - N$1,593 miljard – van alle ingevoerde voertuie in die eerste kwartaal vanjaar was uit Suid-Afrika afkomstig. Die vorige kwartaal het dié invoere N$1,698 miljard beloop en in die eerste drie maande van 2016 was dit N$1,941 miljard.

Voertuiginvoere uit Botswana het ook gedaal: Van N$33 miljoen in die eerste en N$28 miljoen in die vierde kwartale van 2016 tot N$13 miljoen in die eerste drie maande van 2017.

Invoere uit China het egter drasties versnel. In die eerste kwartaal vanjaar is N$285 miljoen se voertuie uit dié land verkry vergeleke met N$40 miljoen die vorige een en N$37 miljoen in die eerste kwartaal van 2016.

Ook uit Bulgarye is voertuie ingevoer. In die eerste kwartaal vanjaar het dit Namibië N$1 miljoen gekos. Geen voertuie is die vorige kwartaal of in die eerste kwartaal van 2016 uit dié land ingevoer nie.

Namibië se totale invoere in die eerste kwartaal was bykans N$20,1 miljard, terwyl uitvoere sowat N$16,9 miljard beloop het. Dit het die land met 'n handelsbalanstekort van sowat N$3,18 miljard gelaat.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.67/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.42% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.15/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.67/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.42% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.15/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045