Klinieke gebou, maar nie betaal
Klinieke gebou, maar nie betaal

Klinieke gebou, maar nie betaal

Die ministerie van werke en vervoer is as tweede respondent bygevoeg in die wanbetaling van die bou van twee klinieke.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) is weer op die hofrol.

Dié keer vir die wanbetaling van die bou van twee klinieke wat reeds in 2014 in die noorde van die land gebou is.

Die bedrae verskuldig hiervoor saam met opgeloopte rente beloop byna N$5 miljoen.

'n Aansoek om die ministerie van werke en vervoer as tweede respondent by die saak te voeg, is intussen ook ingedien.

Volgens hofstukke het Tona Trade Holdings cc in Januarie 2014 die Ombombo- en Otuani-klinieke in die Kunenestreek vir die ministerie teen 'n ooreengekome fooi gebou.

Die MoHSS het volgens die kontrak­teur nooit die N$1,26 miljoen vir die Ombombo-kliniek betaal ná die konstruksie daarvan voltooi is nie en eis buiten dié bedrag ook N$447 118 vir die opgeloopte rente op die ­uitstaande bedrag.

Vir die Otuani-kliniek skuld die ­ministerie N$2,3 miljoen plus die ­bykomende rente van N$818 430.

Volgens hofstukke was die totale bedrag van N$4,8 miljoen reeds op 24 Maart 2015 betaalbaar, maar het die ministerie tot dusver steeds nie hul uitstaande rekening vereffen nie.

In hul verweer sê die MoHSS egter die betalingsertifikaat is nie deur die argitek gesertifiseer nie en daarom nie “verskuldig en betaalbaar nie”.

Ook is alle eise wat volgens die ­ministerie vir betaling vir die betrokke twee klinieke ingedien is, volgens hulle “ten volle” betaal, en is daar geen uitstaande betalings nie.

Die ministerie verwys voorts na Tona Trade Holdings cc wat beweer die ministerie het sy skuld erken “vir werk wat voldoende voltooi is deur sertifikate wat 'n argitek bevestig het”.

Volgens MoHSS moet die minister van werke en vervoer egter deur “operasionele uitnemendheid en omsigtige bestuur van hulpbronne” die ontwikkeling van infrastruktuur en die onderhoud van staatsbates verseker.

“In die lig hiervan is die minister verantwoordelik vir die aanstelling van argitekte in enige konstruksie waarby die regering betrokke is,” lui die hofstukke.

Dit sê voorts die minister is nie deel van die betrokke verrigtinge nie, ondanks die feit dat hy 'n “direkte en aansienlike belang” in die aan­geleentheid het.

In die lig hiervan is 'n aansoek ­ingedoen om die ministerie van werke en vervoer as tweede respondent by te voeg.

Die saak is tot 1 November vir 'n voorverhoor uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A