Kleurvolle koppe vir kanker

13 February 2020 | Gebeure
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) se jaarlikse Spray-a-Thon skop op 29 Februarie in Windhoek en Swakopmund af, en sal regdeur Maart voortgaan ten bate van jong Namibiërs wat 'n stryd teen kanker voer. Tydens die veldtog spuit mense hul hare met kleurvolle haarsproei vir 'n goeie doel.

“Ons wil lawwe haarkleure in Maart sien en lewens in die proses red,” sê mnr. Rolf Hansen, CAN se uitvoerende hoof.

Skole, maatskappye, familie en vriende is genooi om die pret mee te maak.

Alle skenkings gaan aan die Chica-fonds, wat 'n huis vir kinders met kanker, asook die pediatriese afdeling van die Windhoek Sentrale Hospitaal finansier.

Die Chica-fonds bied ook finan­siële steun aan kinders met kanker, en het verlede jaar N$185 000 se mediese uitgawes gedek, wat onder meer vervoer vir onmiddellike behandeling insluit.

Die Spray-a-Thon sal op die betrokke Saterdag by die Pupkewitz Lifestyle Centre in Kleine Kuppe, Windhoek, van 09:00 tot 12:00 plaasvind.

Belangstellendes kan Susann of MJ by 061 237 740 kontak.

Op Swakopmund skop dit ook om 09:00 op die 29ste by Fruit & Veg Food Lover's Market in Town Centre af.

Kontak Celeste of Beverly by 064 461 271 vir meer inligting.

Skole en maatskappye wat belangstel om hul eie Spray-a-Thon aan te bied, kan Suann van Heerden (CAN se projekkoördineerder) by 061 237 740 of [email protected] kontak.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

4 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

4 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

6 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

7 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

8 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

18 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

18 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...