Klei en keramiek by negende biënnale

09 August 2019 | Kuns en vermaak
Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se 9de Keramiek Biënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied sal word.

Die geleentheid is die hoogtepunt op die PAN-kalender, en lok jaarliks talle inskrywings en potterbakkery-entoesiaste.

Vanjaar open die biënnale op Donderdag 15 Augustus en die uitstalling duur tot 20 September.

“Ons is verheug om aan te kondig dat Clementina van der Walt, bekende en bekroonde keramikus uit Suid-Afrika, vanjaar ons beoordelaar tydens die geleentheid sal wees,” het Annabelle Venter, komiteelid van die PAN, gesê.

Tydens die keurings- en beoordelingsproses sal Annabelle deur Elize van Huysteen, bekende kunstenaar en voorsitter van die Namibiese Kunstevereniging, bygestaan word.

“Ons doen 'n beroep op alle pottebakkers om hul beste werk wat nie vantevore uitgestal is nie, saam te bring en deel te wees van hierdie opwindende uitstalling. Alle werke wat vir die uitstalling gekies is, sal vanaf Donderdag 15 Augustus om 18:00 te koop wees,” het Anabelle gesê.

Die uitstalling is oop vir lede en nie-lede, en die publiek is welkom om by die PAN aan te sluit en inskrywings in te dien.

“Dit is elke keer vir ons ‘n spesiale geleentheid omdat dit die enigste uitstalling is waar die publiek al die wonderlike keramiekwerke vir ‘n lang tydperk in een uitstalling kan sien. Pottebakkery het 'n herlewing in Namibië nodig omdat dit nie altyd die lof kry wat dit verdien nie. Te min mense geniet hierdie wonderlike, terapeutiese, kreatiewe stokperdjie wat 'n teenmiddel is vir die gejaagde lewe wat ons deesdae lei,” het Venter gesê.

Bank Windhoek weer eens die geleentheid ruim geborg, saam met verskeie ondernemings in Namibië en Suid-Afrika wie se bydraes die PAN vanjaar in staat gestel het om kontantpryse in 'n verskeidenheid keramiek-kategorieë te bied. Die kategorieë is onder meer wielwerk, handbeeldhouwerk, nuwe werke en nuweling van die jaar. Die nuweling van die jaar word deur die publiek aangewys.

Van der Walt bied tydens haar besoek ook twee interessante werksessies aan waarin die tema “antropomorfisme” in klei ondersoek word. Ervaring met pottebakkery is nie 'n vereiste vir die sessies nie.

Dit vind op 17 en 18 Augustus in Windhoek plaas, en op 24 en 25 Augustus op Swakopmund.

“Ons sien uit daarna om al die jong talent en ou gesigte daar te sien,” het Venter gesê.

Vir meer inligting, besoek www.pan.iway.or stuur ‘n e-pos na [email protected]

Soortgelyk

 

Gróót dag by ECN

2 dae gelede | Regering

Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) hou vandag 'n openbare sitting by sy hoofkantoor in Windhoek waartydens die bevestigde lys van politieke partye en presidensiële...

A force to be reckoned with

2 dae gelede | Mense

Evany van Wyk Eleven years ago Charmaine Davids decided to create a one-stop shop for all human resources (HR) services and today she is...

Energy-efficiency key to fight climate change

2 dae gelede | Mense

Ruan BestbierThe Bank of Namibia report on Namibia’s second quarter performance found that fuel imports significantly contributed to the decline in the country’s current account....

Sarah Diouf Beyoncé se Afrika-ontwerper

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Kollig voorbladfoto

Swapo swig voor ECN-druk

2 dae gelede | Politiek

Denver Kisting – Sestien uit die 17 van Swapo-lede wat volgens ’n interpretasie van die kieswet – en die Grondwet – verbied word om as...

Man gesels uit hospitaalbed oor Outjo-aanval

2 dae gelede | Misdaad

Elvira Hattingh - “Kyk, as ‘n koeël my nie kan onderkry nie, gaan niks nie. “Ek is positief, maar hartseer dat iemand so iets kon...

Smooth operator

2 dae gelede | Mense

Michelline Nawatises Zaskia Joubert has been part of the Sanlam family for more than five years. She joined the company immediately after the successful completion...

Let’s get fiscal

2 dae gelede | Mense

Michelline NawatisesAstrid Jacobi is a born and bred Namibian. She went to school in Windhoek and completed her bachelor’s and honours degrees in accounting at...

Going for it

2 dae gelede | Mense

Wisdom is a girl’s best friendEvany van Wyk In her current role as Bank Windhoek’s communication practitioner for electronic and new media, Veno Mbuende has...