Klant wat glo vroue betas, su00ea hy was u2018oordronku2019
Klant wat glo vroue betas, su00ea hy was u2018oordronku2019

Klant wat glo vroue betas, sê hy was ‘oordronk’

Vermeende wangedrag deur ’n dronk klant in ’n kafee op Walvisbaai het die eienaar boos vir die polisie se koue skouer.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ’n Walvisbaaise sakevrou het regsadvies ingewin oor wat haar te doen staan, aangesien die polisie oënskynlik ’n voorval van seksuele teistering, aanranding en openbare onsedelikheid in haar winkel wat sy by hulle aangemeld het, ignoreer.

Me. Manuela Fernandes, mede-eienaar van Trust Market, sê die voorval het al sowat 10 dae gelede plaasgevind en dit wil voorkom asof die polisie nie voornemens is om die vermeende oortreder te vervolg nie.

Sy het uit moedeloosheid beeldmateriaal van die kringtelevisiestelsel in dié bekende kafee en bakkery in Sam Nujomarylaan op Facebook geplaas in die hoop om druk op die polisie uit te oefen.

Volgens haar het die 51-jarige man, wie se identiteit aan Republikein bekend is, die kafee op 26 Januarie besoek en onder meer ’n niksvermoedende klant seksueel geteister deur haar aan die agterstewe te gryp. Hy het ook die werknemer agter die kasregister “bevat en bevoel”, sê Fernandes.

Daarná was hy na bewering in ’n onderonsie met die toesighouer in die kafee gewikkel, wat geëis het dat hy betaal vir ’n botteltjie bier wat glo deur sy toedoen omgeval en gebreek het.

“Hy het haar aan haar arm gegryp en haar arm gedraai. Hy het ook die sekuriteitswag weggestamp wat tussenbeide getree het,” vertel Fernandes.

Sy sê om alles te kroon, het hy daarná buite die kafee na bewering ten aanskoue van die publiek water afgeslaan.

Die man het by navraag aan Republikein gesê hy het “geskrik” toe hy die CCTV-beeldmateriaal op Facebook sien. Hy voer aan hy was te dronk om te besef wat hy doen.

“Ek het die Saterdag na Trust Market gegaan om bier te koop. Ek was oordronk gewees. Ek het uitgesny en nie geweet wat ek doen nie.”

Hy sê toe ’n familielid later vir hom die video’s op Facebook wys, het hy “baie groot geskrik”. “Ek kan nie onthou dat ek dit gedoen het nie.”

Hy het aan Republikein gesê hy is voornemens om Fernandes en die personeel om verskoning te vra vir sy optrede.

Volgens Fernandes het hy teen druktyd gister nog nie sy opwagting daarvoor gemaak nie.

Sy sê sy het die polisie ná die insident in haar winkel gebel en versoek om na die beeldmateriaal te kom kyk.

“Tot nou toe het hulle nog nie gekom om verklarings te neem nie.”

Adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, sê die polisie dra kennis van die voorval, maar wag op die klant en personeel wat na bewering seksueel geteister en aangerand is, om klagte in te dien.

“Sover is geen klagte al teen die vermeende oortreder ingedien nie. Ja, die eienaar het ons in kennis gestel, maar ons kan nie die saak namens die klaers inisieer nie,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A