Kiwi’s ‘vrees’ Blitsbokke
Rugby
Marnus Kok
Die Nieu-Seelanders se senuwees sal ’n bietjie knaag voordat hulle Saterdag met die Blitsbokke in Kaapstad kragte meet.
Só sê Chris Dry, ’n veteraan wat Suid-Afrika se sewesspan in 64 toernooie verteenwoordig het. Die Blitsbokke en die Kiwi’s is in dieselfde groep geloot vir die tweede toernooi van die nuwe seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks, wat die naweek in Kaapstad beslis word.
“Ek dink nie Nieu-Seeland wil teen ons speel nie, want ons het ons die afgelope paar seisoene goed van ons taak gekwyt. Ek dink ’n mens moet na die groter prentjie kyk, omdat die span in ’n ander fase is. Ja, almal wil wen, maar dit is belangrik hoeveel spelers blootstelling gekry het. As jy die toernooi wil wen, moet jy in elk geval al die spanne kan klop,” sê hy.
Nieu-Seeland het met sy toernooi-sege in Dubai gewys dat hy dié seisoen sommer met die intrapslag goed op dreef is. Dry (30) wat in 2010 sy buiging vir die Blitse gemaak het, het verlede jaar knieligamente in dié toernooi in die Kaap geskeur. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie