Kinkel in die kabel vir hoopvolles
Sokker
Tielman van Lill - Die oorblywende spanne in die ronde van 32 van die 2018 Debmarine-beker het gister in afwagting die loting in Katutura bygewoon.
Young African van Gobabis, wat verlede jaar dié glansryke kompetisie met sy eerste probeerslag gewen het, se geseëlde balletjie is heel laaste uitgetrek. FNB Black Africa (BA) wat 16de getrek was en tans puik sokker speel, wag volgende vir die manne uit die Omahekestreek.
Beide BA en Young African is deel van die 16 premierligaklubs wat saam met die ander 16 kwalifiseerders van dwarsoor die land in die loting betrokke was. Ses Premierligaklubs is geloot om teen mekaar te speel.
Die skedule in die ronde van 32 (premierliga-spanne met * gemerk):
1 Dynamos teen Onathinge United
2 Real Fighters tn Eleven Arrows *
3 Khuse tn Tigers *
4 Tura Magic * tn Mighty Gunners *
5 Space Age tn Khomas Nampol
6 Chief Santos * tn Reho Madrid
7 Citizens * tn Young Chiefs *
8. Once Again tn Rhino
9. Wenner (Omaheke Nampol / Swallows) tn African Stars *
10. Blue Waters * tn Onathinge
11 Golden Bees tn Life Fighters *
12 Orlando Pirates * tn Once Again
13 Swakopmund FC tn Ohangwena Nampol
14 Rundu Chiefs * tn Civics *
15 Wenners van Noordoos tn Unam *
16 FNB Black Africa * tn Young African *
Die ronde van 32 sal op 24 en 25 Maart beslis word, waarna die laaste 16 spanne op 21 en 22 April uitspeel om te bepaal wie die agt spanne is wat vir die kwarteindronde op 28 en 29 April oorbly. Die semifinale word op 12 en 13 Mei beslis en die groot eindstryd is vir 26 Mei geskeduleer. Die stadions waar die wedstryde gespeel sal word, moet nog bepaal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie