Kings-stryd voorspel intrige
Rugby
Andrew Poolman - Die Southern Kings van die Oos-Kaap het laat gistermiddag in Windhoek aangekom vir hul vriendskaplike wedstryd teen Namibië se Wêreldbeker-groep môre in die Hage Geingob-stadion.
Waar Namibië die voordeel het van 'n tuisskare wat graag op 'n gepaste noot voor die span se afskeid na die Wêreldbekertoernooi in Japan sal wil groet, staan die toerspan op die vooraand van sy deelname aan die Europese Top14-kompetisie.
Hoewel Namibiese ondersteuners dalk min vertroud is met die meeste van die besoekende franchise se spelers, sal die Kings gewis nie met 'n tekort aan selfvertroue hier opdaag nie.
Vele van hul spelers – sommige in die truie van ander provinsiale unies – was tevore in wegholoorwinnings teen die Windhoek Draught Welwitschias betrokke.
Enige soort gerustheid sal egter gevaarlik wees, omdat Namibië se nasionale span onder Phil Davies met sy versterkings van buitelandse klubs so 'n totaal ander gedierte is.
Die Namibiërs, wat die afgelope maande min bymekaar was, sal bitter graag 'n afgeronde en oortuigende vertoning wil lewer in die pylvak voor die “onmoontlike” Wêreldbeker-groep waarin hulle geplaas is.
Davies kan nietemin besluit om 'n paar buiteperde in te span voordat hy volgende week sy 31-tal vir die reis na Japan moet aankondig.
Die Kings het Dinsdagaand in Tblisi 'n tipies fisieke wedstryd teen Georgië se Wêreldbeker-span met net 24-20 verloor, nadat hulle rustyd nog met 17-5 voorgeloop het.
Afrigter Robbi Kempson behoort egter 'n vars groep spelers in die veld stoot en kan dalk van sy reisgroep uit die Noordelike Halfrond spaar vir die tweede herontmoeting met Namibië, op 7 September op Walvisbaai.
Teen druktyd was beide Namibië en die Kings se spanlyste nog nie beskikbaar gestel nie.
Netwerk24 se rugbyskrywer van Port Elizabeth, Michael Green, was gister versigtig om 'n voorspelling te waag.
“Ek het nie 'n idee hoe Namibië se span sal lyk nie. Die Kings oefen nog maar net 'n rapsie meer as 'n week rugby en het tevore meestal op hul kondisionering gefokus.
“Daar kan dus vraagtekens oor hul samespel wees, maar ek was nietemin verbaas oor hoe hulle teen Georgië gevaar het. Maar toe was Demetri Catrakilis op losskakel en hy maak 'n groot verskil.
“Die skrumskakel Stefan Ungerer was teen Georgië die kaptein, maar ek weet nie of hy weer gaan begin nie. Howard Mnisi, wat sy debuut vir die Kings behoort te maak, Bobby de Wee, Tienie Burger en Sarel Pretorius is ook moontlike spanleiers.”
Green sê hy voorsien só 'n moontlike Kings-beginspan: 15 Courtney Winnaar, 14 Josiah Twum-Boafo, 13 Tertius Kruger, 12 Howard Mnisi, 11 Christian Ambadiang, 10 Bader Pretorius, 9 Stefan Ungerer/Sarel Pretorius, 8 Lusanda Badiyana, 7 Tienie Burger, 6 Bakkies Brown, 5 Bobby de Wee, 4 Aston Fortuin, 3 Rossouw de Klerk, 2 Alandre van Rooyen, 1 Lupumlo Mguca.
“Dit sal nie veel van dié verskil nie. Kempson het gesê hy sal Saterdag die meeste ouens kans gee wat nie teen Georgië gespeel het nie.
“Ruaan Lerm het sy enkel teen Georgië beseer en sal nie speel nie. Spelers soos Schalk Ferreira (rug), CJ Velleman (enkel), Tango Balekile (enkel), Alulutho Tshakweni (kuit) en Yaw Penxe (dyspier) is ook almal buite rekening,” sê Green.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie