'Kinderverkragter' se borg teruggetrek

'Dit is in my kliënt se beste belang.'

18 December 2020 | Howe
Erwin Leuschner



'n 48-jarige Swakopmunder sal dié feestyd agter tralies bly, nadat sy prokureur vandeesweek die borgaansoek wat in die Swakopmundse landdroshof dien, skielik teruggetrek het.

Die man is in die begin van die maand op Swakopmund in ­hegtenis geneem. Hy het glo in Januarie sy vyf­jarige dogter verskeie kere ­seksueel mishandel.

Die borgaansoek het Dinsdag in die hof voor landdros Conchita Olivier gedien en ná middagete het die be­skuldigde se prokureur, mnr. Danie Kotze, 'n versoek aan Olivier gerig dat die beskuldigde in aanhouding bly en sielkundige behandeling ontvang.

“Ná gesprekke met die familie het ons besluit om die borgaansoek terug te trek. Die familie is bekommerd hy sal homself beseer en ek kan dit nie op my gewete laat rus nie. Die familie wil hê hy moet sielkundige behandeling kry terwyl hy in aanhouding is.”

Kotze het aangevoer die familie het bewyse, alhoewel die beskuldigde dit ontken.

“Dit is in my kliënt se beste belang,” het die prokureur gesê.

Die staatsaanklaer, Beata Mwahi, het vroeër die borgtogaansoek teengestaan en verskeie redes aangevoer.

Verder het die vrou van die beskuldigde 'n beëdigde verklaring afgelê waarin sy haar teen sy ­borgaansoek uitgespreek het. Sy is bang dat haar man “ander kinders leed kan aandoen”.

“Ek wil my dogter beskerm,” het sy gesê.

Aan die begin van die borgaansoek het die beskuldigde dié aantygings ten sterkste ontken.

“Ons is lief vir mekaar. Ek het my dogter met my hele lewe lief. Ons het 'n baie goeie pa-en-dogter-­verhouding.”

Hy het ook aangevoer dat hy bereid is om 'n poligraaftoets te ondergaan.

“Ek sal nooit daaraan dink om my eie dogter seer te maak nie. Sy is net vyf jaar oud en kan haarself nie verdedig nie,” het hy herhaaldelik gesê.

Hy het wel beweer dat sy dogter gedurig 'n vaginale infeksie gehad het en moes gereeld behandeling ontvang.

Beserings aan haar geslagsdele kan dus van 'n ander persoon se mis­handeling – soos van die ma of broers en susters – wees, volgens die be­skuldigde.

Die staatsaanklaer het getuienis teen die beskuldigde voorgelê.

Gevolglik het die beweerde verkragting aan die lig gekom nadat die vyfjarige meisie seks met 'n ander kind in die kleuterskool gehad het.

Die onderwyseres het met die vyfjarige daaroor gepraat en sy het gesê, “dat haar pa dit met haar doen.”

Die polisie en maatskaplike werkers is in kennis gestel en die meisie het gedetailleerde seksuele dade beskryf.

Volgens Mwahi het 'n dokter die meisie ondersoek en bevestig dat penetrasie plaasgevind het en dit glo verskeie kere. Die pa het 'n vaginale infeksie voorgehou en het sy optrede probeer wegsteek, het sy gesê.

Die pa het in die hof gesê hy het dié jaar baie terugslae gehad.

Sy besigheid is weens die Covid-19-pandemie tot niet, sy eksvrou het aan kanker gesterf en hy is besig om van sy huidige vrou te skei. Sy is ook die ma van die meisie. Hy het ook talle gesondheidskwessies.

Die regter het die saak tot 1 Februarie uitgestel en beslis die beskuldigde moet tot dan sielkundige behandeling ontvang. - [email protected]

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

3 ure gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

19 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

19 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

19 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

19 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

19 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

19 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

19 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...