Kinders vind ivoor in sak
Francoise Steynberg - Skoolkinders het op Vrydag 17 Maart 20 stukke olifanttande in 'n sak by die Oshigweda-nedersetting naby Eenhana in die Ohangwenastreek gevind.
Volgens adj.komm. Andreas Haingura het die kinders omstreeks 13:00 'n toegedraaide pakkie in die water gesien en die polisie ingelig.
"Die polisie het 20 stukke olifanttande wat 63,1 kg weeg, in 'n sak gekry wat met geel kleeflint toegedraai is. Die sak was in die water onder 'n brug weggesteek," het Haingura gesê.
"Die polisie prys die leerlinge. Hulle was oplettend en veiligheidsbewus."
Haingura het Maandag aan Republikein gesê dat die waarde van die tande nog nie bepaal is nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort.
Hy het 'n beroep gedoen op enigiemand wat inligting oor die saak het om hom by 081 277 8743 te kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie