Kinders gaan gebuk onder armoede

Meer as die helfte van Namibiese kinders en 93,4% van Khoisansprekers is behoeftig, volgens die Multidimensionele Armoede-indeks.
Augetto Graig
Augetto Graig – Sowat 43,3% van die Namibiese bevolking gaan onder multidimensionele armoede gebuk.
Meer as die helfte van Namibiese kinders (51,3%) word deur dié soort armoede benadeel en kry swaarder as volwassenes in die land.
Die Namibië Statistiekagentskap (NSA) het verlede week die Multidimensionele Armoede-indeks vrygestel wat inligting van die Namibiese Huishoudelike Inkomste en Bestedingsopname (NHIES) van 2015-’16 ontleed.
Multidimensionele armoede word hoofsaaklik gemeet aan die toegang tot onderwys, skoon drinkwater, sanitasie, behuising, vervoergeriewe, inligting en kommunikasietegnologie, elektrisiteit, toegang tot gesondheidsgeriewe, voedselsekerheid en ’n tekort aan kindervoeding.
’n Huisgesin met minder as 30% toegang tot enige van dié dienste word as multidimensioneel armoedig beskou.
Volgens die direkteur-generaal van die beplanningskommissie, mnr. Obeth Kandjoze, is die indeks ’n belangrike hulpbron om die rigting van nasionale ontwikkeling te bepaal. Hy sê Namibië maak ’n geruime tyd reeds staat op ’n geldgebaseerde maatstaaf om armoede te meet.
“Dit beteken ons het armoede bepaal deur te kyk na hoeveel iemand aan voedsel en basiese behoeftes bestee. Iemand wat meer as ’n bepaalde bedrag bestee het, is nie as armoedig geklassifiseer nie,” het hy verduidelik.
Gemeet aan dié maatstaf het Namibië ’n vermindering getoon in armoedige en erg armoedige inwoners van onderskeidelik 35,5% en 21% in 2004, na 17% en 10% in 2015-’16, sê Kandjoze.
“Armoede is egter meer ingewikkeld as dit en het verskeie fasette,” het hy benadruk. Die indeks toon dat ten spyte van Namibië se status as ’n middelinkomsteland met gemiddelde menslike ontwikkeling, armoede steeds baie wydverspreid voorkom.
Altesaam 43,3% van die bevolking is multidimensioneel armoedig, en 20,3% is kwesbaar tot multidimensioneel armoedig.
Sowat 41% van Namibiërs moet klaarkom sonder vervoer, 40,4% sonder sanitasie, 40% sonder elektrisiteit vir kosmaak en beligting, 30% sonder behuising en 24% ervaar voedseltekorte.
By dieselfde geleentheid het mnr. Seng Pang, die Verenigde Nasies (VN) se koördineerder in Namibië, gesê die indeks is ’n beduidende prestasie vir die Namibiese regering. Hy sê Covid-19-pandemie het egter vordering met die bekamping van armoede belemmer.
“Die gepaardgaande werk- en inkomsteverliese sal steeds druk uitoefen op sowel geldelike armoede as multidimensionele armoede, met die kwesbare gemeenskappe en hul kinders wat uitermatig geraak word,” waarsku hy.
Armoede onder Namibiese kinders word in die indeks as ’n reuse-probleem uitgelig.
Daarvolgens ly meer as die helfte, of sowat 51,3% van Namibiese kinders, onder multidimensionele armoede.
“Die kind wat in armoede gebore is, sal in armoede grootword en kinders kry wat ook in armoede sal grootword,” beskryf Pang die bose kringloop.
In vergelyking met volwassenes ly Namibiese kinders jonger as 17 meer in elke meetbare opsig.
Sowat 79,5% van Namibiërs jonger as 17 moet sonder vervoer klaarkom, 72,7% sonder sanitasie, 71,3% sonder elektrisiteit en 51,5% sonder behuising.
Terwyl sowat ’n kwart (25,3%) van inwoners in stedelike gebiede multidimensionele armoede beleef, staan die koers op 59,3% in landelike gebiede.
Meer vroue is armoedig in vergelyking met mans.
Gemarginaliseerde groepe kry swaarder met 93,4% van Khoisansprekers wat multidimensioneel behoeftig is, gevolg deur 67,8% van Rukavangosprekers en 54,2% van Namibiërs in die Zambezistreek.
Hierteenoor is 2,6% van Duitssprekende Namibiërs multidimensioneel arm, 3,3% van Engelssprekendes en 7,4% van Afrikaanssprekendes. Die indeks het gewys die grootste kwessie wat tot multidimensionele armoede in Namibië bydra, is die gebrek aan sanitasie.
Die Kunene, Kavango-Oos en -Wes-, Zambezi, Ohangwena en Omaheke is die armste streke in die land.
[email protected]

FOTO’s ter illustrasie

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%