Kinderruiters vaar puik op SA perde
Kinderruiters vaar puik op SA perde

Kinderruiters vaar puik op SA perde

Perdesport
Andrew Poolman
Vir die eerste keer in baie jare het die geleentheid hom voorgedoen waartydens Namibiese nasionale skole uithouritspanne teen hul Suid-Afrikaanse eweknie kon deelneem.

Die kompetisie is vroeër vandeesmaand by Modimolle in die Limpopo-provinsie aangebied.

Die Namibiese laerskoolspan was Timothy Liebenberg (kaptein), Leone Janbey, Jaco Vermaak en Caila Potgieter.

Die Namibiese hoërskoolspan het uit Maya Janbey (kaptein), Jonel Coetzee, Hofmeyer van Blerk en Frank Bosch bestaan.

Die formaat van die kompetisie het bestaan uit ''n 80 km rit wat aan ''n vooraf gekose tyd en spoed gekoppel was. Die span wat die naaste aan die gekose tyd geëindig het, is as wenners aangewys.

Die wonderlike nuus is dat die Namibiese laerskolespan die kompetisie gewen het en die Namibiese hoërskole­span derde in hul kategorie geëindig het. Wat die prestasie verder besonders maak, is die feit dat die Namibiese kinders op geleende Suid-Afrikaanse perde deelgeneem het.

Beide Erasa en NERA het die wens uitgespreek dat die kompetisie elke tweede jaar herhaal sal kan word met die doel dat kinderruiters ontwikkel en vir lang internasionale sportloopbane voorberei word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A