Kindermoord in Ethiopië: Ma verskyn

Dringende aansoek by hoërhof ingedien

07 April 2021 | Howe
Augetto Graig – Die vermeende kindermoordenaar, me. Kristofina Amutenya, se eerste dag in ’n Namibiese landdroshof is gister deur ’n dringende aansoek in die hoërhof ontspoor.
Haar verskyning vir die moorde op haar twee kinders sal na verwagting vandag in Windhoek voortgesit word.
Die hofproses kan vertraag word indien adjunk- regter-president Hosea Angula gisteraand sou besluit om die dringende aansoek deur haar regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, om Amutenya se inhegtenisneming en aanhouding onwettig te verklaar, toe te staan.
Vanweë dié aansoek en die nodige insette deur die aanklaer-generaal, adv. Martha Imalwa, was gister se verrigtinge in die landdroshof grootliks vrugteloos. Die hoërhof het eers omtrent vyfuur begin om die dringende aansoek aan te hoor.
Amutenya was in aanhouding by die Klein-Windhoek polisiekantoor vandat sy omstreeks 17:00 Maandag vanuit Ethiopië in die land aangekom het en deur Namibiese polisiebeamptes in hegtenis geneem is.
Amutenya is deur polisiebeamptes van Ethiopië uitgelewer aangesien internasionale wetgewing en veral die Genève-konvensie van 1961 daardie regering verbied om ’n buitelander vanweë diplomatieke immuniteit te verhoor, sê die beheeraanklaer, mnr. Hans Karl Thourab.
Die negejarige seuntjie Jenay en sy sussie Jane (3) is na bewering op 12 Desember 2020 deur Amutenya, hul moeder en die eksvrou van die Namibiese handelsattaché, mnr. Paulus Haufiku, in sy ampswoning in Addis Abeba vermoor.
Thourab sê: “Die beskuldige is in Ethiopië aangehou vir haar eie veiligheid en om te verhoed dat sy ander misdade mag pleeg. Sy is nooit op kriminele klagte aangekla nie. Die beskuldigde het diplomatieke immuniteit geniet en was beskerm teen kriminele vervolging. Ons inligting is dat sy uit Ethiopië teruggebring is om op die klagte teen haar te antwoord.”
Volgens hom het Namibië se owerhede geweier om die immuniteit te laat vaar, omdat moord in Ethiopië met die dood gestraf word. Hy sê die Namibiese polisie is in besit van ’n dossier met getuienis, verklarings en beweringe rakende die twee moorde, asook pogings tot selfdood en poging tot moord op ’n derde kind.
“Ek glo ons het die jurisdiksie om die saak van die beskuldige te hoor,” het hy aan landdros Venatius verduidelik.
Amoomo het die afwesigheid beklemtoon van enige dokument wat amptelik aan Amutenya haar reis uit Ethiopië óf haar inhegtenisneming in Namibië uitstippel. Sonder so ’n dokument kan geen verdediging regverdig voorberei word nie, sê hy.
“Dit is daai dokumente wat ons soek – dié wat die inhegtenisneming en die aanhouding ondersteun,” het hy gesê. Thourab het gesê: “Die werklikheid is daar bestaan nie sulke dokumente nie.”
[email protected]



FOTO
Me. Kristofina Amutenya word beskuldig dat sy op 12 Desember 2020 haar twee dogters in Addis Abeba vermoor het. Foto Augetto Graig

Soortgelyk

 

79 nuwe gevalle, een sterfte

42 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer skuif met een, die van 'n 53-jarige vrou van Swakopmund, op tot 609. Vandag is 79 nuwe gevalle aangemeld waaronder 15 leerlinge...

LPM ruk op na NV

1 uur gelede | Politiek

Ondersteuners van die Landless Peoples Movement (LPM) is voor die hekke van die parlementstuine waar hulle 'n optog hou teen die verbod op hul leiers,...

RMB Song Night vier ’n dekade

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Die RMB Song Night-inisiatief wat op die been gebring is met die doel om Namibiese klanke te laat groei en ontwikkel, vier vanjaar sy tiende...

Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax

4 ure gelede | Gesondheid

Die Europese Unie se adjunkhoof, mnr. Gosia Lachut, het die besending van 24 000 dosisse AstraZeneca-entstof teen Covid-19 van Covax aan Namibië verwelkom. Lachut...

Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe

6 ure gelede | Gesondheid

Kavango-Oos het sy eerste besending Sinopharm en AstraZeneca-dosisse deel van die immuniseringsveldtog teen Covid-19 ontvang. Die streek het 7 983 Sinopham- en 2 880 AstraZeneca-dosisse...

Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut

7 ure gelede | Mense

Die Namibië Instituut vir Korporatiewe Bestuur (NICG), wat in 2016 gestig is om gesonde korporatiewe bestuursbeginsels en -praktyke in die land te bevorder, het aangekondig...

Floyd-moordverhoor: Skuldig!

7 ure gelede | Internasionaal

Derek Chauvin (45), gewese polisielid van Minneapolis, is skuldig bevind aan die moord op George Floyd (46).’n Jurie het gisteraand laat (Namibiese tyd) dié beslissing...

FlyWestair brei binnelandse vlugte uit

17 ure gelede | Vervoer

FlyWestair voeg van volgende Woensdag 28 April 'n ekstra vlug by sy Ondangwa-roete en het ook by die Vervoerkommissie van Namibië aansoek gedoen om vlugte...

Sprinkane nou in 11 streke

17 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die verwoestende sprinkaan­plaag het nou na elf van die land se 14 streke uitgekring en dit is net in die Omaheke-, Khomas-...