Kind sterf in ma se arms by kliniek
'n Desperate ma se hulproepe om haar siek kind te help, is glo deur personeel geïgnoreer.
Henriette Lamprecht - ’n Kind is Saterdag in die Katutura-kliniek in Windhoek in ’n ma se arms dood.
Verskeie pleite aan personeel om die kind te help, wat erge diarree gehad het en hewig gebraak het, is glo geïgnoreer.
’n Ooggetuie wat erg deur die voorval getraumatiseer is, sê hy het omstreeks 10:00 sy kind, wat ook siek was, na die kliniek geneem.
“Daar was toe al baie pasiënte,” het hy gesê.
Hy het die kind saam met sy vrou by die kliniek gelos en omstreeks 17:00 teruggekeer. Teen dié tyd was hulle egter, soos baie van die ander pasiënte, steeds nie geholpe nie.
Volgens hom het die vrou sedert die oggend die personeel se aandag verskeie kere probeer trek om haar kind, wat ernstig siek was, te help.
“Sy het gesmeek en gesê haar kind is baie siek.”
Sy is meestal glo bloot geïgnoreer, maar die kind is wel water gegee. Die kind is egter omstreeks 17:00 in die ma se arms dood.
“Die ma het rondgehardloop met die kind in haar arms. Sy het geweet daar is nie meer hulp nie, sy het byna ineengestort.”
Volgens die ooggetuie het hy gesien hoe die ma later op ’n bed gelê en “vasgemaak” is om haar te probeer kalmeer.
Die kamer waarin sy en haar kind gelê het, se deur is volgens hom toegemaak “sodat ons ander nie kan sien nie”.
Die liggaam van die kind is later verwyder en pasiënte wat reeds ure vir behandeling gewag het, moes hoor niemand gaan gesien word nie.
“Niemand is daardie dag behandel nie, pasiënte kon na die Katutura-staatshospitaal gaan, maar die meeste is huis toe.”
Die ooggetuie het Sondag om 07:00 weer na die kliniek teruggekeer om hulp vir sy eie kind te kry.
“Tóé is my eie kind eers behandel.”
Volgens hom is Saterdag se gebrek aan hulp en pasiënte wat ure wag en later sonder enige behandeling moet huiswaarts keer wanneer die kliniek sluit, nie ’n uitsondering nie.
“Die verpleegsters doen nie hul werk nie. Daar is baie van hulle, maar hulle loop rond en praat op hul selfone.”
Volgens hom moet voorkeur aan kinders gegee word.
“Hoekom help hulle nie net die kinders nie? Hoe gee jy water vir ’n baie siek kind wat klaar opgooi?”
Die voorval was vir die getuie geweldig traumaties, maar is daar geen alternatief as om maar weer by die kliniek te gaan inval wanneer hy of sy gesin mediese hulp verlang nie.
“Daar is geen ander opsie nie, jy moet maar net gaan.”
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se waarnemende permanente sekretaris, me. Petronella Masabane, het navrae oor die voorval na direkteur van die Khomasstreek, me. Elizabeth Muremi, verwys.
Oproepe, sowel as ’n stemboodskap aan Muremi gerig is nie teen druktyd beantwoord nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie