Kiessaak misluk ure voor eerste kruisies
Kiessaak misluk ure voor eerste kruisies

Kiessaak misluk ure voor eerste kruisies

’n Dringende hofaansoek wat tot ’n herskedulering van die verkiesing kon lei, het gister laat in die hoërhof misluk.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith - Enkele ure voordat die stembus vir Namibië se 2019-verkiesings in Japan as eerste van die buitelandse sendings sou open, is gister in die hoërhof in Windhoek verbete gepoog om ’n PDM-kandidaat weer op die partylys te kry.

Opuwo-streekraadslid en lid van die PDM, mnr. Kazeongere Tjeundo, het gistermiddag ’n dringende hofaansoek teen die verkiesingsvoorskrif gebring wat eis hy moet uit sy pos bedank om te kan staan as kandidaat in die naderende verkiesing, waartydens lede van die Nasionale Vergadering verkies sal word.

Dit volg nadat die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) in Oktober ingevolge Artikel 77 van die Verkiesingswet van 2014 opdrag gegee het lede van partye wat poste in die staat beklee, kan nie aan die verkiesing deelneem en tot die parlement verkies word tensy hulle uit daardie poste bedank nie.

Kandidate wat geweier het om te bedank, se name is van partye se nominasielyste geskrap. Tjeundo was een van hulle.

Hy het die aansoek verlede week teen die regering, die ECN en 19 ander respondente ingedien. Hy vra die hof moet dié voorskrif verslap of ter syde stel, aangesien dit “onderdrukkend en irrasioneel” is.

Hy versoek die hof om te gelas kandidate mag in hul poste aanbly totdat hulle verkies is en hul nuwe poste beklee.

Hy vra verder ook sy naam moet op die PDM-partylys herstel word voor die verkiesing op 27 November plaasvind.

Tjeundo voer in sy funderende eedsverklaring aan die ECN se verkeerde interpretasie van die wet skep onnodige werkloosheidsrisiko’s vir kandidate wat aan die verkiesing deelneem.

“Dit is ’n belemmerende en onnodige las op ’n staatsamptenaar soos ek, wat nog nie verkies is nie en wat aan die politieke proses wil deelneem – ongeag die onvoorspelbare uitkoms daarvan,” voer hy aan.

Hy sê verder ’n plek op ’n party se kandidatelys is geen waarborg dat hy ’n setel in die parlement gaan opneem nie.

Tjeundo sê om gedwing te word om as staatsamptenaar te bedank, “skep ’n absurditeit deurdat dit ’n burger van die land wat in die staatsdiens is, penaliseer as hy ’n politieke loopbaan beoog”.

Volgens hom kan burgers in ander beroepe dit doen sonder om ook uit hul poste te bedank.

Hy sê dit kom op onregverdige diskriminasie neer.

Tjeundo het aangevoer die ECN “dwing” in wese ’n kandidaat soos hy om te bedank, terwyl sy grondwetlike regte geskend word.

Hy het gesê die ECN se interpretasie skiet te kort en is “in wese ’n ontkenning van die reg van ’n staatsamptenaar om politieke aktiwiteite te beoefen sonder om hul loopbane as staatsamptenare in die gedrang te bring”.

Dit ondermyn boonop partye se reg om die kandidate van hul keuse voor te stel, voer hy aan.

Volgens hom was die PDM se besluit op 23 Oktober om sy naam van die partylys te verwyder, die gevolg van “onbehoorlike invloed”, en is dit strydig met verkiesingspraktyk sedert onafhanklikwording.

Die ECN het die aansoek teengestaan, met die hoofverkiesingsbeampte, mnr. Theo Mujoro, wat in sy beantwoordende eedsverklaring gesê het die dringende aansoek is sonder meriete.

Volgens hom het Tjeundo die hof te laat en sonder ’n grondige rede genader.

Hy sê dit is op 8 November ingedien om aangehoor te word ’n dag voor Namibiese burgers in die buiteland stem

Polisie- en weermaglede wat op stemdag ontplooi gaan word, stem ook vandag.

Mujoro beskuldig Tjeundo in die stukke daarvan dat hy in sy eie belang en nie dié van die publiek nie optree en hy wil die ECN se verkiesings belemmer.

Mnr. Sakeus Akweenda, vir die ECN, wou gister weet waarom die applikant met sy aansoek gewag het tot 24 uur voordat die verkiesing begin.

Hy het daarop gewys as die aansoek slaag, moet die verkiesing ter wille van een Namibiese burger geherskeduleer word.

Akweenda het voorts betoog die hoërhof het nie die jurisdiksie om die saak aan te hoor nie, aangesien die verkiesingshof daaroor moet beslis.

Hy het voor waarnemende regter Orben Sibeya aangevoer die ECN sal aan “geweldige vooroordeel” blootgestel word as die saak voortgaan.

Me. Corinna van Wyk, wat namens die Regshulpsentrum (LAC) vir Tjeundo optree, het aangevoer die ECN se besluit kan nie as wet beskou word nie.

“Dit was sedert onafhanklikwording die praktyk dat staatsamptenare as kandidate kan staan,” het sy betoog.

Sibeya het die aansoek laat gistermiddag van die hand gewys op grond van die hoërhof se gebrek aan jurisdiksie. Hy sal op 22 November sy redes hiervoor verskaf.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.48/OZ UP +1.31% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 453.50/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP UP +1.06% | Platinum US$ 906.04/OZ UP +1.25% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.48/OZ UP +1.31% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 453.50/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP UP +1.06% | Platinum US$ 906.04/OZ UP +1.25%