Khomas spog met suksesse
Khomas spog met suksesse

Khomas spog met suksesse

'n Streeksraad sê dit het ­verskeie welslae behaal.
Tanja Bause
Tanja Bause



Die Khomasstreeksraad het verlede jaar groot suksesse behaal.

So sê me. Rachel Jacob, voorsitter van die raad wat onlangs terugvoering in die verband gegee het.

Deur middel van die stedelike sanitasieprogram is N$2 miljoen aan die Windhoek-munisipaliteit gegee vir die bekamping van die hepatitis E-uitbreking in die informele nedersettings Havana en Goreangab. Die geld is gebruik om water- en sanitasiegeriewe in Havana te verbeter. Die raad het ook vir die 2018-'19-boekjaar N$7,2 miljoen hiervoor begroot waarvan N$6 miljoen aan die munisipaliteit oorgedra sal word. Daarbenewens sal N$1,2 miljoen op die bou van 70 toilette bestee word.

Deur middel van die landelike sanitasieprogram is 146 toilette ter waarde van N$2,3 miljoen in Autabib, Kanubeb, Nauasport, die hervestigingsplaas Versailles, Stinkwater en Dordabis opgerig.

Vir die huidige boekjaar het die raad N$65 000 van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling ontvang vir die implementering van die kontant/kos vir werk-projek wat gebruik word om 'n gemeenskapsaal in Dordabis te herstel.

“In my toespraak laas jaar het ek genoem daar is 'n tekort aan klaskamers in die streek. Ek kan nou aankondig dat ons 34 klaskamer gebou het, wat minder as die 40 klaskamers van die vorige jaar is omdat daar nie genoeg geld was nie. Sewe skole het nuwe klaskamers gekry en 18 klaskamers vir preprimêre skole sal nog gebou word,” het Jacob gesê. Vier skole sal ook biblioteke en weten­skaplaboratoriums kry. Die Khomasstreeksraad het ook tien tentklaskamers aan die begin van die jaar opgerig om graad een-leerlinge te akkom­modeer.

Nog sulke klaskamers en tydelike toilette sal op Plaas 508 en Erf 1037 opgerig word vir leerlinge van die Primêre Skool Dr Abraham Iyambo, die Primêre Projekskool Monte Christo en die Sekondêre Projek­skool Havana.

“Ons maak tans die plotte skoon en die tente sal binnekort opgerig word,” het Jacob gesê.

'n Sentrum vir mediese besnydenis is by die Katutura-gesondheid­sentrum geopen om dié dienste meer toeganklik vir die inwoners te maak.

Tans ontvang 26 000 pasiënte, onder wie kinders, antiretrovirale medikasie teenoor die 24 000 van laas jaar. “Alle mense wat positief vir MIV/vigs getoets word, ontvang dieselfde dag medikasie - nie soos in die verlede toe hulle moes wag vir die behandeling nie.

“Verlede jaar het misdaad met 2,7% in ons streek afgeneem. In totaal is 36 597 sake aangemeld teenoor die 37 635 sake in 2017.”

Die Khomas-kantoor vir grond het 'n evaluering van huishoudings en infrastruktuur op Plaas Versailles gedoen.

“Daar is 86 huishoudings op die plaas hervestig, maar dit het 'n toeloopgebied vir afgesette plaaswerkers van die Windhoek- landelike kiesafdeling geword. Dit het tot onwettige aktiwiteite soos onderverhuring, stroping en vandalisme, asook alkohol- en dwelmmisbruik gelei,” het Jacob gesê.

Die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, het 'n versoek gerig dat meer aandag aan etlike belangrike kwessies gegee word.

“Plaaslike opvoedkundige prestasies en die lae slaagsyfer het ons dringende en individuele aandag as leiers, opvoeders en ouers nodig,” het sy gesê.

Daar moet ook volgens haar meer vergaderings met groter deelname van burgers en leiers gehou word. Informele nedersettings en die voorsiening van water, sanitasie en elektrisiteit moet geformaliseer word.

“Ons onverdeelde, kollektiewe deelname word vereis in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld en ander sosiale misdade,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026