Khomas se Vries bevorder
Mnr. Gerard Vries, voorheen direkteur van onderwys in die Khomasstreek, is met ingang 1 September as die nuwe adjunk uitvoerende direkteur vir lewenslange onderrig in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur aangestel. Vries het verskeie akademiese kwalifikasies en wat onder meer ’n meestersgraad in opvoedkundige leierskap en beleidstudies insluit. Deel van sy nuwe pligte sluit in strategiese leierskap en toesig van die ministerie se direktorate vir volwasse onderrig, kunste, erfenis en kultuur, sowel as die Namibiese biblioteek- en argiefdienste.
Vries het sy loopbaan as aspirant-prokureur by die Regshulpsentrum (LAC) in 1991 begin, waarna hy in 1992 sy loopbaan in die onderwys as aflos-onderwyser begin het. Tot 2007 was hy buiten onderwyser ook departements- en skoolhoof. In dieselfde jaar word hy aangestel as adjunkregistrateur verantwoordelik akademiese administrasie by die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST). Vries sluit in Oktober 2014 weer by die ministerie aan as die direkteur van onderwys vir die Khomasstreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie