Khomas-byeenkoms bied ekstra skop
Atletiek
Die Khomasstreek, met 'n splinternuwe komitee, bied môre sy 2019 Khomas atletiekkampioenskap met nuwe ambisie aan.
Atlete van enige deel van die land wat hulle vanjaar reeds in enige item onder die topvyf nasionale presteerders gevestig het, het spesiale uitnodigings ontvang.
Môre se kampioenskap is dus 'n geleentheid waar die bestes mekaar die stryd kan aansê. Genooide atlete in die topvyf kry outomatiese inskrywings, asook die keuring om byvoorbeeld in die beste baan geplaas te word.
Die topatlete het uitnodigings ontvang op grond van onder meer die twee afgehandelde Coca-Cola reeksbyeenkomste, asook die Narib Golden Spikes-byeenkomste. Van die name sluit in:
• Wencuslaus Klaasman (Nampol) en Vizamuje Ujaha (Swakop Striders) het vanjaar beide in die hoogspring reeds op 2.10 meter oorgeseil.
• Sandro Diergaardt (Rehoboth Atletiekklub) se 7.38 meter in die verspring is die beste individuele prestasie sover vanjaar deur enige Namibiese baan- of veldatleet, gemeet volgens die IAAF puntetabel.
• Natalie Louw (Triomf) se prestasies plaas haar in die topvyf in vier items, naamlik hoogspring, verspring, gewigstoot en 100 m hekkies. Sy is die enigste atleet wat uitnodigings na vier items ontvang het.
• Tjipe Herunga (Nampol) is sover vanjaar die beste individuele vroulike presteerder met 'n tyd van 25.38 sekondes in die 200m.
Enige atleet is steeds welkom om tot 14:00 vandag vir die byeenkoms in te skryf (e-pos na [email protected]). Geen inskrywingsgeld word vereis nie. Die program laat atlete toe om vir 'n maksimum van vier items in te skryf.
Aqua Splash, 'n handelsmerk van die Namibië Brouerye (O&L-groep), het met 'n gewaardeerde borgskap aan boord gekom.
• Drawwers van alle ouderdome word genooi om voor die byeenkoms aan 'n pretdraf van 2000 meter (2 km) deel te neem wat om 06:45 wegspring. Ouers en kinders is welkom om hul Saterdag met 'n draffie om die atletiekbaan te kom begin. Vir die pretdraf is geen vooraf inskrywing nodig nie.
Die Khomas-kampioenskap begin om 07:30 met die 3000 m-wedlope en word om 12:45 met die gemengde aflos en die 4x100 aflosse afgesluit.
• Khomas-atletiek se onlangs verkose bestuurspan is: Elroy Diergaardt voorsitter; Corlia Maritz sekretaresse; Claudia Raehs tesourier; Bella Swartz beampte vir baan en veld; Frans Hosea beampte vir padwedlope; Jolene Jacobs atleteverteenwoordiger.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie