Kevin se tier een van tennis se jong Turke
Tennis
Frances Tiafoe van Amerika het gister sy naam gevoeg by 'n groeiende lys ontluikende, jong manstennisspelers.
Tiafoe (20) het van hom laat kennis neem toe hy die Suid-Afrikaner Kevin Anderson, die vyfde gekeurde, se aanslag in die tweede ronde beëindig het.
Die telling was 4-6, 6-4, 6-4, 7-5.
Tiafoe, wat Sondag sy 21ste verjaardag vier, is in Hyattsville, Maryland, gebore en woon in Orlando, Florida.
Sy naam word nou saam met dié van die Russe Karen Khachanov, Alexander Zverev en Daniil Medvedev, die Griek Stefanos Tsitsipas, die Kroaat Borna Coric en Kanada se Denis Shapovalov genoem as die jong spelers wat eendag in Roger Federer en kie se spore moet volg.
Anderson is die hoogste gekeurde manspeler wat gister uitgeskakel is.
Tiafoe is 39ste op die wêreldranglys. Hy het twee breekpunte oorleef om eindelik die wedstryd te beklink.
Die Amerikaner het in 2018 sy eerste ATP-titel in die Delray Beach-toernooi gewen.
Voor dit het hy Federer in 2017 in vyf stelle laat swoeg in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope.
Tiafoe het ook verlede jaar die derde ronde van Wimbledon gehaal.
“Ek het geweet dit sou 'n taai wedstryd wees,” sê Tiafoe.
“Sy terughoue is skitterend en hard.
“Sulke wedstryde help jou om gemakliker te word om sulke kragmetings te wen.”
Tiafoe het verlede jaar drie keer teen Anderson verloor.
Hy sal in die derde ronde teen die Italianer Andreas Seppi te staan kom. Dis die eerste keer wat hy só ver in Melbourne vorder. Hy is verlede jaar in die eerste ronde uitgeskakel.
Hy sê hy is vasbeslote om Australië nié te verlaat voordat hy 21 jaar oud word nie.
“As ek op my verjaardag in die toernooi is en iemand klop, sal dit die beste geskenk wees wat ek kan kry.”
Tiafoe het erken hy is doodmoeg na sy wedstryd teen die lenige Suid-Afrikaner.
“Ek gaan nou net rus en met my vriendin op Facetime gesels.”
– Netwerk24, Reuters, ausopen.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie