Kerk oorhandig rolstoele aan MoHSS
Die Kerk van die Heiliges van die Laaste Dae (LDS) het 175 rolstoele aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) op Oshakati oorhandig.
Die kerk wat in Salt Lake City (Utah) Amerika geleë is, is ’n Christelike organisasie wat by verskeie humanitêre projekte betrokke is.
Tydens die oorhandiging het biskop John Dow gesê dat die gewilligheid om skenkings aan behoeftiges te doen, gedryf word deur die kerk se drang om aan die Woord gehoor te gee.
Die LDS het in 2014 ’n ooreenkoms met die ministerie aangegaan om 300 rolstoele en 100 stelle krukke aan die MoHSS te skenk.
Die adjunkminister van gesondheid, me. Juliet Kavetuna, het by ontvangs van die skenking gesê die rolstoele sal mense wat nie hul bene kan gebruik nie, se lewens noemenswaardig verbeter.
“Ek wil beklemtoon dat iemand met 'n gestremdheid nie uit enige rolstoel voordeel kan trek nie. Om dié rede is dit noodsaaklik dat ’n pasiënt ’n geskikte rolstoel kry,” het sy gesê.
In dié verband het sy vennote, streekraadslede en voornemende skenkers aangemoedig om met die ministerie in verbinding te tree om die regte inligting rakende die verskillende soorte rolstoele te bekom. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie