Keniaanse verkiesingskommissaris vlug landuit
Kenia se politieke krisis is aan die vererger, met die hoofopposisie wat die komende verkiesing boikot en ‘n lid van die verkiesingskommissie wat sê sy is gedreig.
‘n Top- Keniaanse verkiesingkommissaris het bedank en landuit gevlug, ‘n week voor die herhaling van die presidentsverkiesing.
Sy voer aan dat politieke intimidasie aan die orde van die dag is en dat die verkiesings “’n bespotting van die demokrasie” sal wees.
Die bedanking van Roselyn Akombe, een van sewe lede van die verkiesingskommissie, sal waarskynlik deur die opposisie aangegryp word om hul beskuldigings dat die 26 Oktober-verkiesing nie regverdig sal wees nie, te staaf.
Die herhaling van die verkiesing is deur die hooggeregshof gelas nadat dit die 8 Augustus-verkiesing, waarin pres. Uhuru Kenyatta herkies is, ongeldig verklaar het.
Die opposisieleier, Raila Odinga, het verlede week aan die nuwe verkiesing onttrek omdat die verkiesingskommissie nie hervorm het soos die opposisie eis nie.
Die verkiesingskommissie het gesê die verkiesing sal voortgaan met sewe kandidate op die stembrief, onder wie Odinga.
Akombe sê die verkiesingskommissie “is ‘n party in die krisis. Die kommissie is onder beleg,” het sy gesê in ‘n verklaring wat Dinsdag in New York uitgereik is. Sy het vir die BBC se radiodiens gesê sy het uit Kenia gevlug nadat sy etlike dreigemente ontvang het, maar het nie gespesifiseer wie haar gedreig het nie. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie