Kawana voor stok oor ­SPP se kontrakte

Direkteurs van die Seaflower-aanleg op Walvisbaai sê visseryeminister, dr. Albert Kawana, het agter die kabinet se rug besluite geneem.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, het “eensydig” en “sonder die mandaat van die kabinet” opgetree toe hy die ooreenkomste gekanselleer het ingevolge waarvan African Selection Trust (AST) en Fishcor in vennootskap saamgewerk het.

Só sê die direksie van die Walvisbaaise maasbankerverwerkingsaanleg, Seaflower Pelagic Processing (SPP).

Dié vismaatskappy is in 2017 gestig nadat die staatsbeheerde Fishcor met African Selection Trust SA Group (AST) ’n ooreenkoms gesluit het om as bedryfsvennoot ’n fabriek te bou en vissersbote aan te skaf in ruil vir ’n jaarlikse kwota van 50 000 ton maasbanker. Fishcor besit 40% van die aandele in SPP en AST 60%.

Laasgenoemde maatskappy het meer as N$700 miljoen in dié projek belê.

Die gewraakte kansellasie waarop die direksie antwoorde soek, het op 21 September verlede jaar plaasgevind.

SPP se direksie sê in ’n openbare verklaring wat vandag in dagblaaie verskyn Kawana se eensydige besluit is geskoei op ‘n “terloopse” opmerking van ’n regter in die hoërhof, sonder dat daar ’n grondige regsbasis daarvoor was”.

SPP het kort voor die kansellering onsuksesvol probeer om ’n dringende hofinterdik teen Kawana, Fishcor en die ministers van finansies en staatsondernemings, mnre. Iipumbu Shimi en Leon Jooste, te kry om die regering se viskwotaveiling te verhoed.

Adjunk-regterpresident Hosea Angula het in sy uitspraak gesê die aansoek was ’n “desperate poging deur Seaflower om sy gesellige, maar parasitiese verhouding met Fishcor te red”.

Kawana het by navraag gesê hy “kan inderdaad bevestig” dat hy in September verlede jaar “die sogenaamde verpligting van Fishcor om ’n 50 000 ton-maasbakerkwota te voorsien, beëindig het”.

“Die redes waarom ek die aansoek teengestaan het, is nou openbare kennis. Ek verwys u na die uitspraak van die hoërhof,” het Kawana gesê en bygevoeg hy “kan niks meer sê nie ingeval daar ’n regsgeding oor die kwessie kom”.

SPP se direksie sê in die verklaring Kawana se besluit het tot “onherstelbare skade” vir die maatskappy en sy werkers gelei.

“As ’n regskenner het minister Kawana, deurdat hy op verkeerde en regs- en feitelike gronde gesteun en volledig sonder die mandaat van die kabinet opgetree het, onherstelbare skade aan die samewerkingsprojek aangerig en verhoed dat 655 werkers permanente aanstellings kon kry”, sê die direksie.

Hulle wys daarop Angula het nie vir die doeleindes van sy uitspraak nodig gehad om oor die wetlikheid van die ooreenkomste, wat deur die regering gepromulgeer en in die Staatskoerant gepubliseer is, te beslis nie.

“Vir die minister van visserye om van hierdie ooreengekome bepalings en voorwaardes af te sien, kom neer op die sabotering van die beleggingsooreenkoms vir die gesamentlike onderneming,” lui die verklaring verder.

Die direksie wys verder daarop Kawana se “aanhoudende weiering” om met SPP in gesprek te tree, laat dié maatskappy en sy hoofaandeelhouer met geen ander keuse as om die pad van arbitrasie met sy minderheidsvennoot, Fishcor, te volg nie.

Fishcor het intussen verlede Dinsdag ’n aansoek by die hoërhof in Windhoek teen AST, SPP, Kawana, asook teen sy lynminister (van staatsondernemings), mnr. Leon Jooste, en adv. George Coleman wat namens die arbiter, ADR Forum, optree, ingedien.

Daarin vra Fishcor vir ’n bevel wat verklaar dat die arbitrasieklousule in die aandeelhouersooreenkoms nie meer van krag is nie, of alternatiewelik, dat dit tersyde gestel word.

Mnr. AJ Louw, voorsitter van SPP se direksie, het by navraag gesê dié maatskappy gaan die aansoek teenstaan.

Louw het verder in reaksie op ’n onderhoud verlede week met Jooste op Republikein se aanlyn geselsprogram, Kletskompas, gesê hy stem saam die situasie kan nog deur ’n gepaste oplossing gered word.

Jooste het in reaksie op ’n vraag oor die SPP-krisis gesê “Namibiërs het die vermoë om om ’n tafel te sit en oor oplossing te gesels”.

Volgens Louw bly AST, as meerderheidsaandeelhouer in SPP, vasbeslote “om ’n vriendskaplike oplossing te vind” wat tot voordeel van die partye, maar ook die werkers en die ekonomie van Walvisbaai sal wees.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015