Kavango-boer verloor 13 beeste toe weerlig tref
Die weerlig het op Oukersdag 13 beeste van 'n boer van Kavango-Wes in die suide van Angola doodgeslaan.
Nampa berig die beeste wat sowat N$100 000 werd is, behoort aan mnr. Challi Daniel Kangombe van die Ruhuga-nedersetting in die Kapako-kiesafdeling. Tydens die week werk hy by die ministerie van verdediging op Rundu.
Hy het aan Nampa gesê hy het op die dooie beeste afgekom toe hy die Kavangorivier met 'n kano oorgesteek het om die beeste terug te jaag Namibië toe sodat hy hulle kon inspan voor die pooeg waarmee hy sy mahangu-lande bewerk.
Kangombe het dié terugslag as 'n ramp vir sy familie beskryf.
-Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie