Kautondokwa teen Andrade: Wat jy moet weet

Paulus Ambunda is tans Namibië se enigste wêreldbokskampioen, maar nog ’n naam kan oor twee naweke van nou af bygevoeg word.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Ná jare se geduldige toewyding is Walter (The Executioner) Kautondokwa se droom verwesenlik om op 20 Oktober in Amerika vir ’n wêreldtitel te gaan boks.
Die grootste geveg in die lenige Namibiër se loopbaan sal teen ’n ervare Amerikaner, Demetrius Andrade, vir die tussentydse WBO middelgewig wêreldtitel wees.
Dit kom nadat die Massachusetts bokskommissie gister in die vroeë oggendure (Namibiese tyd) gestem het om aan die WBO-titelhouer Billy Saunders ’n bokslisensie te weier om in hul staat te veg, ná ’n positiewe opkikkertoets.
Saunders sou sy titel op 20 Oktober in Boston teen Andrade op die spel plaas, maar die geveg gaan nou beslis word tussen Andrade en Kautondokwa, onderskeidelik die nommer een en twee aanspraakmakers op die WBO-ranglys.
Die kommissielede se foongesprek was glo op luidspreker met Saunders toe hy ingelig is dat hy nie toegelaat word om te veg nie en dat hy dus waarskynlik sy titel sal verloor.
Sy reaksie was uiters kru taal en die ontstoke Brit het glo aangedui dat hy teen die bevinding appèl gaan aanteken.
Luidens berigte verloor die Saunders-span omtrent 2.3 miljoen Amerikaanse dollar – sowat N$33.8 miljoen.
Saunders het einde Augustus positief getoets vir oksilofrien, bekend as ’n stimulant. Volgens sy promotor Frank Warren het hy dit deur ’n neussproei ingekry. Oksilofrien is nie in Brittanje ’n verbode stimulant nie, behalwe indien die positiewe toets op die dag van ’n geveg is. Dit is egter op die verbode lys van die Vrywillige Anti-opkikkervereniging (VADA) wat die toetsing vir die Boston-geleentheid hanteer.
Oksilofrien kan potensieel tot vetverbranding bydra, adrenalien help produseer en die vloei van suurstof in die bloedstroom aanhelp. Naellopers soos Tyson Gay en Asafa Powell het beide in 2013 skorsings vir die gebruik hiervan op die hals gehaal.
Teen druktyd gister het die Wêreldboksorganisasie (WBO) nog nie aangekondig dat Saunders amptelik van sy wêreldtitel gestroop is nie.

WAT SÊ DIE NAMIBIËRS?
Die 33-jarige Kautondokwa is op Eenhana gebore, maar woon in Windhoek en is ’n taxibestuurder van beroep. Andrade sal dus selfs met ’n oorwinning min lof van die bokspubliek kry omdat die Namibiër bra onbekend buite sy geboorteland is. Kautondokwa het nie eens ’n bladsy op Wikipedia nie.
As ’n bokser wat pal in die gimnasium oefen, word Kautondokwa nie van stryk gebring dat sy komende toets in Amerika minder as twee weke vooraf bevestig is nie.
Hy het in ’n nuusverklaring gesê: “Ek is regtig geëerd deur hierdie geleentheid. Ek het nog net een keer in my professionele loopbaan buite Namibië geveg, maar ek is nie geïntimideer om in die VSA te veg nie.”
The Executioner het in Junie laas jaar die ervare Obodai Sai (destyds 32 gewen, twee verloor) in sy geboorteland Ghana se hoofstad Accra gaan uitslaan (vyfde ronde).
“Ek is van die land van die dapperes en hoewel ek relatief onbekend is en beslis as die buiteperd in hierdie geveg ingaan, gee dit my ’n groot voordeel om te fokus om op my beste te presteer en my teenstander en die ondersteuners te verras.
“Ek dank die goeie Here vir die seën van my met hierdie geleentheid. My moeder is oorlede en is net ’n paar dae gelede begrawe, maar ek is nou meer vasbeslote om uit te gaan en haar trots te maak.”
Kautondokwa se promotor Nestor Tobias sê: “Vir ons is dit ’n bedekte seën. Kautondokwa het so hard gewerk om te kom waar hy is.
“Hy was geduldig, gedissiplineerd en hardwerkend en hy verdien werklik die geleentheid om die grootste geveg van sy lewe in die wêreld se voorste boksland te kry, waar nog net twee boksers van MTC Nestor Sunshine Promotions tot dusver in aksie was (Julius Indongo en Paulus Moses).
“Dit is ’n ongelooflike prestasie vir die MTC Sunshine Promotions en ons dank die Here wat ons met nog ’n titelgeveg seën. Ons het gewag vir so ’n kans om Kautondokwa as ’n moeilike kalant aan die bokswêreld bekend te stel en die geleentheid het nou aangebreek.
“Ons is oorgehaal om weer op die grootste wêreldtoneel Namibië se vlag hoog te laat wapper deur ’n wêreldtitel van die topvier boksbeheerliggame in te palm.”
Tim Ekandjo van MTC, hoofborg van die Sunshine Akademie, se reaksie: “Die MTC Sunshine Promosies lewer keer op keer wêreldklas boksgeleenthede. Internasionale boksskrywers en promotors kan meestal nie verklaar hoedat ’n promotor van Afrika en van so ’n klein land soos Namibië dit regkry nie.
“Die antwoord is eenvoudig: Hulle is wêreldklas in hul denke en filosofie, hulle werk strategies en met ondervinding en is eenvoudig die beste in wat hulle doen, hulle leef boks en asemhaal en ons is beslis baie trots op hulle.
“Ons gaan op 20 Oktober na Boston om Kautondokwa te ondersteun. Ons weet die geveg sal moeilik wees, maar ons gaan om die bokswêreld te wen en te skok. Ons het dit tevore keer op keer reggekry en sal dit weer doen.
“Dit is reeds die agtste wêreldtitelgeveg sedert MTC by hierdie Akademie aangesluit het – wat ’n wêreldklas vennootskap. Dis ’n groot aand se boks vir Namibië met beide Kautondokwa en Paulus The Hitman Moses in aksie in verskillende lande.”
Die liggewig en voormalige wêreldkampioen Moses (40 gewen, vier verloor) is op dieselfde aand bestem om in Accra teen Emmanuel Tagoe (28-1) van Ghana deur die toue te klim vir die vakante WBO Afrika-titel.

HOE VERGELYK HUL
REKORDS EN STYLE?
Andrade is gewis die meer ervare bokser met 25 beroepsgevegte en 25 oorwinnings (16 uitklophoue). Hy is ’n voormalige WBO superweltergewig wêreldkampioen en kan ’n wêreldkampioen in twee gewigsklasse word deur Kautondokwa te verslaan.
Andrade veg linkshandig en lyk op die oog af na die meer beweeglike vegter. Hy het hom reeds behoorlik op die topvlak van die sport tuisgemaak. Sedert Mei 2012 was sy laaste nege oorwinnings teen opponente met ’n saamgestelde rekord van 206 oorwinnings en 16 nederlae. Dit dui daarop dat hy soos Floyd Mayweather selfs gedurende moeilike gevegte ’n manier kan vind om die kastaiings uit die vuur te krap.
Die intimiderende Kautondokwa bly onoorwonne ná 17 gevegte. “The Executioner” se lengte, lang arms en slaankrag in albei vuiste het sover opponent ná opponent sag gemaak en tot oorgawe gedwing.
Haakhoue na die lyf, veral die sye, is van sy gunsteling aanvalswapens om sy opponent stelselmatig af te takel en vir die klassieke uitklophou af te breek.
Net drie van sy opponente kon tot in die sesde ronde staande bly. Muhammad Sebyala van Uganda het in April laas jaar die beste gevaar, toe die skeidsregter die geveg in die tiende ronde beëindig het.
Sebyala was die eerste man wat die Namibiër enige noemenswardige straf kon toedien, met ’n sny aan sy oogbank.
“Die Ugandees het ’n ongemaklike styl en het sy bolyf baie goed uit die pad beweeg. Ek het dus maar besluit dat as my lyfhoue tref, moet ek hom seermaak totdat hy nie meer verder kan nie,” het Kautondokwa agterna gesê.
Vandat Kautondokwa in Augustus 2016 die WBO Afrika-titel gewen het, het hy dit reeds vyf keer suksesvol verdedig. Dit sluit sy laaste oorwinning in Maart vanjaar in, toe hy die gesoute Argentyn Billi Godoy (36-4) in die vyfde ronde met ’n linkerhaak teen die kakebeen geskud het.
Die 33-jarige Namibiër was egter ’n laat beginner in die sport en het nie naastenby dieselfde amateurstamboom as die Amerikaner nie, wat goud by die 2007 wêreldkampioen¬skap behaal het en die kwarteindronde van die 2008 Beijing Olimpiese Spele gehaal het.
Andrade het onmiddellik daarna die beroepsarena betree. Hy is in 2014 van sy WBO ligmiddelgewigtitel gestroop omdat ’n jaar verloop het waarin hy dit nie verdedig het nie.

WAT SÊ DIE AMERIKANERS?
Forums op internasionale bokswebblaaie gons sedert die bekendmaking. Hier is ’n keur van sommige van die kommentaar:
Silversurfer77 skryf: “Oukei, wees eerlik: Wie het ’n weddenskap in gehad dat BJS se geveg afgestel sal word omdat daar oksilofrien in sy neussproei sou wees?”
Champion4ever skryf: “Laat dit ’n les wees vir almal wat sop spuit en verbode stimulante en steroïede gebruik om eerder op te hou as hulle nie uitgevang en gestraf wil word nie. Die besluitnemers het die enigste, regte keuse gemaak. As Billy Joe Saunders net sy bek gehou het, kon die kommissie hom dalk nog genadig gewees het. Maar toe het hy mos ’n mond vol oor Canelo Alvarez se positiewe uitslag en dat Alvarez se ver-skoning ’n leuen is.”
P4pnd skryf: “Toe Saunders versus Andrade die eerste keer bekendgestel is, het ek gesê die kans is 33 persent dat die geveg plaasvind, want een óf albei sou ’n manier vind om dit op te mors. Dit sal interessant wees of Andrade nie dalk ook nog onttrek met ’n loopneus of ’n seer dyspier nie.”
EagleDave skryf: “Hierdie (kragwoord) Saunders het vir gans te lank die WBO wêreldtitel gyselaar gehou sonder om dit te verdedig – sodat hy die groot kontantgeveg teen GGG of Canelo kon beklink. Terselfdertyd staan hy uit as ’n besonder swak karakter in ’n sport propvol sulke mense. Boonop is hy ’n vervelige vegter en ek hoop hy kry nooit weer ’n kans op die topvlak nie.”
Mookie Alexander skryf: “Ek is beïndruk. Jy moet regtig talent hê om drie geskeduleerde gevegte binne ’n jaar te laat kanselleer. BJS is my keuse as Nie-Vegter van die Jaar.”
Aceknighthigh skryf: “Jammer, maar BJS het ’n IK-toets gepluk. Moenie in ’n VRYWILLIGE opkikkertoets uitgevang word nie. Ek is bly die Massachusetts kommissie het standpunt ingeneem.”
Mikb33 skryf: “Ek het laas week kaartjies vir 20 Oktober gekoop. Ek is bly Saunders is nie meer in die hoofgeveg nie. Nou mag dit dalk ’n meer opwindende geveg wees – is ek reg?”
American Cholo skryf: “Wat de hel, BJS? ’n Neussproei? Watse sissieagtige verskoning is dit? Hoekom gebruik jy nie ’n sneesdoekie of ’n hempsmou soos ons gewone mansmense nie? Wat ’n grap. Kan iemand my sê of enige bokser van Namibië al ooit goed gevaar het teen ’n Amerikaner?”
Die antwoord op laasgenoemde vraag: Harry Simon het tussen 1995 en 2000 met vier Amerikaners afgereken – hoewel hy nooit in Amerika geboks het nie.
Die eerste was Danny Chavez (8-0) in Johannesburg, gevolg deur Anthony Ivory (12-0) die volgende jaar in Dublin.
Simon het WBO ligmiddelgewig wêreldkampioen geword met sy puntesege teen Ronald (Winky) Wright (17-0) by die Carousel in Gauteng in 1998, voordat hy twee jaar later ook met Rodney Jones (20-0) in Ontario, Kanada afgereken het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.93/OZ DOWN -0.0032 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.93/OZ DOWN -0.0032