Katutura-gesondheidsentrum 24 uur per dag, sewe dae per week oop
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula het vanoggend die Katutura-gesondheidsentrum in Windhoek amptelik geopen. Die sentrum lewer gesondheidsdienste 24 uur per dag, sewe dae per week. Die gesondheidspersoneel hier sluit twee mediese beamptes, agt geregistreerde verpleegsters, agt ingeskrewe verpleegsters en agt aptekers-assistente in. Tydens die toetsfase in Augustus het die sentrum 3 159 pasiënte gehelp. Die hoop is dat dit die druk op die Katutura-hospitaal sal verlig waar pasiënte in lang rye etlike ure vir hulp veral saans moet wag.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie