Katte soek huis
Die Cat Protection Society of Namibia (CPSN) bied Sondag van 15:00 tot 18:00 'n opedag by Jasperstraat 33 in Academia, Windhoek aan. Koffie en koek sal te koop wees. Lede van die publiek kan op dié dag ook 'n kat kies om huis toe te vat. Die aanneem van die katte beloop N$600 vir een en N$1 000 vir twee. Dit sluit sterilisasie en inspuitings in. CPSN het die afgelope vier maande nuwe huise vir 86 katte gevind. Sondag sal eienaars vir 30 katte gesoek word. CPSN bestaan uit vrywilligers. FOTO TANJA BAUSE
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie