Katrina was reg vir die tronk

Appèlplanne nog duister

05 August 2019 | Howe
Denver Kisting



Katrina Hanse-­Himarwa was reg vir die tronk.

So sê dié oudminister van onderwys, kuns en kultuur in 'n 29 sekondes lange video wat op sosialemediaplatforms soos 'n veldbrand versprei.

Volgens die vuur­vreter het dit verlede Woensdagoggend in 'n stadium tydens die vonnisoplegging vir haar geklink of regter Christie Liebenberg haar weens korrupsie tronk toe sou stuur.

Ofskoon dít nie haar hartsbegeerte was nie, het sy tot God gebid en gevra dat sy wil geskied, vertel sy.

En, sê sy terwyl sy nog in dieselfde wit uitrusting geklee is, as dit die Here se wil sou wees dat sy agter tralies tyd moet deurbring, sou sy dit omarm het.

Haar toesprakie word luid deur haar ondersteuners in die agtergrond ontvang.

Intussen het haar prokureur, mnr. Sisa Namandje, Vrydag by navraag gesê: “Ons het nooit aangekondig of daar een ('n appèl) sal wees of nie. So, ek weet nie waar die vraag vandaan kom nie (oor 'n moontlike aansoek om verlof om te appelleer).”

Hy het geswyg toe ­Republikein voorts wou weet of hulle wel appèlplanne in die mou voer.

Adjunk-aanklaer-generaal Ed ­Marondedze het gesê die besluit berus by die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, oor of die staat appèl teen Hanse-­Himarwa se vonnis gaan aanteken.

Imalwa se kantoor het bevestig hulle het die koerant se navrae in die verband ontvang.

Regter Liebenberg het Hanse-Himarwa met N$50 000 beboet, en alternatiewelik twee jaar gevangenisstraf en 'n aanvullende eenjaartronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is mits sy nie in daardie tydperk aan 'n soortgelyke misdaad skuldig bevind word nie.

Hanse-Himarwa het op 8 Julie die eerste dienende kabinetsminister in Namibië geword om aan korrupsie skuldig bevind te word.

Sy het die volgende dag bedank as minister van onderwys, kuns en kultuur.

Pres. Hage Geingob het intussen vir amb. Martin Andjaba, die minister gelas met presidensiële aangeleent­hede, aangestel om ook as onderwysminister waar te neem.

Die hof het bevind Hanse-Himarwa het in Desember 2014 haar mag as goewerneur van die Hardapstreek misbruik om ongemagtigde wysigings aan 'n lys van begunstigdes onder die massabehuising­skema aan te bring.

[email protected]

Soortgelyk

 

Chasing your dream

9 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

9 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

9 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

9 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

9 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

9 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

9 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...