Katrina se lot gou bepaal
Katrina se lot gou bepaal

Katrina se lot gou bepaal

Die minister van onderwys, kuns en kultuur sal eersdaags hoor of sy aan korrupsie skuldig is al dan nie.
Denver Kisting
Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.

In die geval van die oudgoewerneur van die Hardapstreek, me. Katrina Hanse-Himarwa, het die staat die buitengewone vermag en “sonder enige skaduwee van twyfel” bewys dat sy aan korrupsie skuldig is.

Só het adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze gisteroggend in hofsaal E in die Windhoekse hoërhof betoog in die verhoor van Himarwa, die huidige minister van onderwys, kuns en kultuur.

Hy het die hof gevra om haar “baie skuldig” te bevind.

As iemand op aanklag van verkragting teregstaan en die staat getuienis lei wat die bewerings bevestig, kan die beskuldigde nie eenvoudig kom beweer hy is onskuldig nie, het Marondedze gister aan regter Christie Liebenberg gesê.

In daardie geval het die hof geen alternatief as om hom skuldig te bevind nie, het die staatsaanklaer gesê toe hy ’n vergelyking getref het met Hanse-Himarwa se verhoor.

Marondedze was van mening dat dié saak baie eenvoudig is. “Dit is eenvoudig omdat ons een weergawe voor die hof het.”

Al wat die beskuldigde aan die hof kom voorhou het, is dat sy dit nie gedoen het nie, het die staatsaanklaer gesê.

Hanse-Himarwa is daarvan beskuldig dat sy haar destydse posisie en invloed as politieke hoof van die Hardapstreek misbruik het om twee name van ’n lys van begunstigdes te verwyder.

Dié name was op ’n lys van begunstigdes van die massabehuisingskema wat einde 2014 huise ontvang het.

Twee van die vuurvreterpolitikus se familielede het in plaas van daardie twee mense huise ontvang nadat sy glo haar familielede wederregtelik op die lys geplaas gekry het.

Marondedze sê die staat het getuienis gelei wat die beweringe teen Hanse-Himarwa staaf.

Hy sê sy het lank voordat sy aangekla is, geweet van die beweringe. Daar was selfs in ’n stadium ’n optog op Mariental oor die hardnekkige gerugte dat daar aan die lys gepeuter is, het hy gesê.

Die minste wat sy kon doen, was om die Mariental-munisipaliteit se uitvoerende hoof, mnr. Paul Nghiwilepo, te nader om ’n ondersoek te gelas. “Die feit dat sy nie ’n bohaai opgeskop het nie, was omdat sy geweet het sy was die een wat dit gedoen het.”

Hoe iemand optree ná ’n beweerde oortreding spreek boekdele, meen Marondedze.

Hy het ontken die staat en die Teenkorrupsiekommissie (ACC) was bevooroordeeld jeens Hanse-Himarwa. “Trouens, in hierdie saak het die staat en die verdediging saamgewerk om seker te maak die beskuldigde kry ’n regverdige verhoor.”

Die staat se hande is skoon en hulle stel net in geregtigheid belang, het hy gesê.

Mnr. Sisa Namandje, Hanse-Himarwa se prokureur, het gesê: “Konteks is alles. Daar is ’n konteks aan die saak, wat behoorlik verstaan moet word.”

Tydens die vorige bedeling is mense ter dood veroordeel omdat jaloerse bure onwaarhede verkondig het, sê hy.

Hoewel oneerlike getuienis nie in hedendaagse Namibië tot die doodstraf kan lei nie, is hy baie teleurgesteld dat die staat in geen stadium erken het daar was ongerymdhede nie.

Volgens hom kan die hof nie ’n kultuur duld waarvolgens getuies saamspan met byvoorbeeld die ACC wat kragtens die Grondwet onafhanklik behoort te wees nie. “Mense moet met waardigheid behandel word. Mense moet ’n regverdige verhoor kry. Diegene wat die ondersoeke behartig, kan nie standaarde vir rykes en standaarde vir armes hê nie.”

As dít gebeur en die saak is ernstiger, soos moord of verkragting, kan die gevolge rampspoedig wees, het die prokureur gewaarsku.

In sy navorsing kon hy geen saak vind waarin sewe staatsgetuies se weergawes bykans woordeliks ooreengestem het nie, het Namandje gesê.

Hy het veral uitgevaar teen die ondersoekbeampte, mnr. Phellem Masule, wat vantevore in ’n ander geding in die spervuur was.

Namandje sê omdat daar toe geen stappe teen Masule gedoen is nie, kon dié ondersoekbeampte “sy hande op my kliënt kry”.

Die staat het gister hul slotbetoë in die saak afgehandel, terwyl dié van die verdediging na verwagting vandag sal voortduur.

Himarwa se man, die boer en sakeman mnr. Ghenno Himarwa, was oudergewoonte weer gister by die hof om haar te ondersteun.

Me. Margaret Mensah-Williams, die voorsitter van die Nasionale Raad, en mnr. Theo Jankowski, die eertydse uitvoerende hoof van die Rehoboth-dorpsraad, was ook in die stampvol openbare galery.

Hanse-Himarwa het gister in die beskuldigdebank oor haar welstand aan lede van die media gesê dit gaan “piekfyn”.

Sy was uitgevat in ’n oorwegend geel tabberd, swart skoene en ’n swart handsak.

Kommentaar

Republikein 2024-03-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Six Nations: France 33 vs 31 England | Ireland 17 vs 13 Scotland | Wales 21 vs 24 Italy Premier League: Brighton 0 vs 0 Manchester City | West Ham 1 vs 1 Aston Villa | Everton 0 vs 0 Liverpool | Fulham 3 vs 0 Tottenham Hotspur | Manchester United 0 vs 0 Sheffield United | Luton Town 1 vs 1 Forest | Wolverhampton Wanderers 0 vs 0 Bournemouth | Crystal Palace 0 vs 0 Newcastle | Burnley 2 vs 1 Brentford | Arsenal 0 vs 0 Chelsea LaLiga: Atletico Madrid 0 vs 3 Barcelona | Rayo Vallecano 2 vs 0 Real Betis | Las Palmas 0 vs 1 Almería | Villarreal 1 vs 0 Valencia | Sevilla 1 vs 2 Celta Vigo | Athletic Club 2 vs 0 Deportivo Alaves | Getafe 1 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 4 Real Madrid | Mallorca 1 vs 0 Granada SerieA: Internazionale 1 vs 1 Napoli | AS Roma 1 vs 0 Sassuolo | Atalanta 0 vs 0 Fiorentina | Hellas Verona 1 vs 3 AC Milan | Juventus 0 vs 0 Genoa | Frosinone 2 vs 3 SS Lazio | Salernitana 0 vs 1 Lecce | Monza 1 vs 0 Cagliari | Udinese 0 vs 2 Torino European Championships Qualifying: Leeds United 2 vs 0 Millwall FC | West Bromwich Albion 2 vs 0 Bristol City | Plymouth Argyle 0 vs 1 Preston North End | Rotherham United 0 vs 0 Huddersfield Town | Stoke City 0 vs 3 Norwich City | Middlesbrough 0 vs 0 Blackburn Rovers | Birmingham City 0 vs 1 Watford | Ipswich Town 6 vs 0 Sheffield Wednesday | Sunderland 0 vs 0 Queens Park Rangers | Swansea City 2 vs 0 Cardiff City FA Cup: Manchester United 4 vs 3 Liverpool | Chelsea 4 vs 2 Leicester City | Manchester City 2 vs 0 Newcastle United | Wolverhampton Wanderers 2 vs 3 Coventry City English Championship: Leeds United 2 vs 0 Millwall FC | West Bromwich Albion 2 vs 0 Bristol City | Plymouth Argyle 0 vs 1 Preston North End | Rotherham United 0 vs 0 Huddersfield Town | Stoke City 0 vs 3 Norwich City | Middlesbrough 0 vs 0 Blackburn Rovers | Birmingham City 0 vs 1 Watford | Ipswich Town 6 vs 0 Sheffield Wednesday | Sunderland 0 vs 0 Queens Park Rangers | Swansea City 2 vs 0 Cardiff City Katima Mulilo: 18° | 37° Rundu: 20° | 38° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 37° Otjiwarongo: 18° | 35° Omaruru: 20° | 37° Windhoek: 19° | 34° Gobabis: 19° | 36° Henties Bay: 19° | 24° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:31, High tide: 12:45, Low Tide: 18:51, High tide: 01:21 Swakopmund: 17° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:29, High tide: 12:43, Low Tide: 18:49, High tide: 01:19 Walvis Bay: 18° | 26° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:29, High tide: 12:42, Low Tide: 18:49, High tide: 01:18 Rehoboth: 18° | 35° Mariental: 24° | 37° Keetmanshoop: 22° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 24° | 36° Ariamsvlei: 27° | 38° Oranjemund: 17° | 29° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 23° | 37° Lubumbashi: 16° | 26° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 33° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 23° | 27° Windhoek: 19° | 34° Cape Town: 20° | 27° Durban: 22° | 24° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 17° | 28° Harare: 15° | 32° Currency: GBP to NAD 24.01 | EUR to NAD 20.56 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.76 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.54 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1572.01 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72430.44 Down -0.77% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1504.69 Down -0.83% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13085.63 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29091.29 Down -6.34% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9055.2 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 154.72/OZ DOWN -0.0034 | Copper US$ 4.06/lb DOWN -0.0117 | Zinc US$ 2 501.10/T DOWN -1.51% | Brent Crude Oil US$ 86.86/BBP DOWN -0.0022 | Platinum US$ 900.53/OZ DOWN -0.0174 Sport results: Six Nations: France 33 vs 31 England | Ireland 17 vs 13 Scotland | Wales 21 vs 24 Italy Premier League: Brighton 0 vs 0 Manchester City | West Ham 1 vs 1 Aston Villa | Everton 0 vs 0 Liverpool | Fulham 3 vs 0 Tottenham Hotspur | Manchester United 0 vs 0 Sheffield United | Luton Town 1 vs 1 Forest | Wolverhampton Wanderers 0 vs 0 Bournemouth | Crystal Palace 0 vs 0 Newcastle | Burnley 2 vs 1 Brentford | Arsenal 0 vs 0 Chelsea LaLiga: Atletico Madrid 0 vs 3 Barcelona | Rayo Vallecano 2 vs 0 Real Betis | Las Palmas 0 vs 1 Almería | Villarreal 1 vs 0 Valencia | Sevilla 1 vs 2 Celta Vigo | Athletic Club 2 vs 0 Deportivo Alaves | Getafe 1 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 4 Real Madrid | Mallorca 1 vs 0 Granada SerieA: Internazionale 1 vs 1 Napoli | AS Roma 1 vs 0 Sassuolo | Atalanta 0 vs 0 Fiorentina | Hellas Verona 1 vs 3 AC Milan | Juventus 0 vs 0 Genoa | Frosinone 2 vs 3 SS Lazio | Salernitana 0 vs 1 Lecce | Monza 1 vs 0 Cagliari | Udinese 0 vs 2 Torino European Championships Qualifying: Leeds United 2 vs 0 Millwall FC | West Bromwich Albion 2 vs 0 Bristol City | Plymouth Argyle 0 vs 1 Preston North End | Rotherham United 0 vs 0 Huddersfield Town | Stoke City 0 vs 3 Norwich City | Middlesbrough 0 vs 0 Blackburn Rovers | Birmingham City 0 vs 1 Watford | Ipswich Town 6 vs 0 Sheffield Wednesday | Sunderland 0 vs 0 Queens Park Rangers | Swansea City 2 vs 0 Cardiff City FA Cup: Manchester United 4 vs 3 Liverpool | Chelsea 4 vs 2 Leicester City | Manchester City 2 vs 0 Newcastle United | Wolverhampton Wanderers 2 vs 3 Coventry City English Championship: Leeds United 2 vs 0 Millwall FC | West Bromwich Albion 2 vs 0 Bristol City | Plymouth Argyle 0 vs 1 Preston North End | Rotherham United 0 vs 0 Huddersfield Town | Stoke City 0 vs 3 Norwich City | Middlesbrough 0 vs 0 Blackburn Rovers | Birmingham City 0 vs 1 Watford | Ipswich Town 6 vs 0 Sheffield Wednesday | Sunderland 0 vs 0 Queens Park Rangers | Swansea City 2 vs 0 Cardiff City Weather: Katima Mulilo: 18° | 37° Rundu: 20° | 38° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 37° Otjiwarongo: 18° | 35° Omaruru: 20° | 37° Windhoek: 19° | 34° Gobabis: 19° | 36° Henties Bay: 19° | 24° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:31, High tide: 12:45, Low Tide: 18:51, High tide: 01:21 Swakopmund: 17° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:29, High tide: 12:43, Low Tide: 18:49, High tide: 01:19 Walvis Bay: 18° | 26° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:29, High tide: 12:42, Low Tide: 18:49, High tide: 01:18 Rehoboth: 18° | 35° Mariental: 24° | 37° Keetmanshoop: 22° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 24° | 36° Ariamsvlei: 27° | 38° Oranjemund: 17° | 29° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 23° | 37° Lubumbashi: 16° | 26° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 33° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 23° | 27° Windhoek: 19° | 34° Cape Town: 20° | 27° Durban: 22° | 24° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 17° | 28° Harare: 15° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 24.01 | EUR to NAD 20.56 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.76 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.54 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1572.01 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72430.44 Down -0.77% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1504.69 Down -0.83% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13085.63 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29091.29 Down -6.34% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9055.2 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 154.72/OZ DOWN -0.0034 | Copper US$ 4.06/lb DOWN -0.0117 | Zinc US$ 2 501.10/T DOWN -1.51% | Brent Crude Oil US$ 86.86/BBP DOWN -0.0022 | Platinum US$ 900.53/OZ DOWN -0.0174