Kaptein Carol-Ann agter die stuur

Enigste vrou met mariene toeronderneming

22 August 2019 | Toerisme
Tanja Bause



Kaptein Carol-Ann Möller is tans die enigste vrou in Namibië wat 'n luukse, mariene toeronderneming besit en bestuur.

Möller het Namibia Dolphin and Seal Catamaran Cruises in April 2017 geregistreer en haar bootlisensie vir bote onder 25 ton in 2018 gekry.

“Ek is nou 'n kaptein en kan met my eie seiljag tot 75 myl van die kus af vaar,” sê sy.

Möller is die ma van twee dogters en kaptein Hans-Jörg Möller, wat in 2004 met katamaranbootritte begin het, se weduwee.

“Alles wat ek van die see en bote af weet, het ek by my man geleer. Die liefde vir die seelewe, die oop water en alles wat daarmee gepaard gaan, is te danke aan hom. Deur met die ­bootritte voort te gaan, hou ek sy nalatenskap lewend,” sê sy.

Die luukse en omgewingsvriendelike seiljag, Manatee, vertrek daagliks van die waterkant in Walvisbaai af.

Gaste vaar verby die nuwe en ou hawe, verskeie bote in die hawe en tot by Pelikaanpunt en die robkolonie.

“Op pad soontoe word die boot besoek deur vriendelike robbe of pelikane wat op vis wag. Bubbles is een van die robbe. Sowat twee jaar gelede het sy en nog 'n klein rob ná 'n stormagtige nag op die sementblad by die waterkant gelê.

“Hulle was baie klein en my kinders het hulle begin voer. Bubbles kom sê nou nog gereeld vir ons hallo,” sê Möller.

Lady Gaga die pelikaan loer ook gereeld in.

“Sy is onlangs deur vermoedelik 'n rob gebyt en haar sy is seer. Ek sal die boot later sonder ­toeriste uitvat en haar 'n antibiotika-­inspuiting gee. Ek kan aan haar vat, so dis nie 'n probleem nie.”

Gaste op die boot maak nie net met die diere kennis nie, maar kan ook die geleentheid kry om dolfyne te sien wat langs die boot swem.

Tussen Julie en November is die kans goed om 'n walvis te sien.

Bootvaarte word met 'n vinger­ete afgesluit.

Die Manatee is ook vir mense met rolstoele toeganklik.

Namibia Dolphin and Seal Catamaran Cruises is ook vir troues, verjaardae of die strooi van 'n geliefde se as beskikbaar.

“Niks is te veel moeite nie. Kontak ons en gesels met my,” nooi Möller.

[email protected]

Soortgelyk

 

Varser brood is daar nie

6 ure gelede | Byvoegsels

Tanja Bause – Elke dag om 09:00 klim Dawid Rooi op sy rooi fiets en laai varsgebakte brood op Gibeon af. Die wit- en bruinbrode...

Tropiese stelsel bring vog vir Noordooste

6 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - ’n Tropiese vogstelsel kan vir bykans die res van die week reën na die noordooste van die land bring. Dit sal egter...

Verkragting: 651 mans agter tralies

6 ure gelede | Misdaad

Jana-Mari Smith – Terwyl ’n epidemie van geweld teen vroue en kinders in Namibië woed, is 651 mans en twee vroue in die tronk vir...

One jump at a time

6 ure gelede | Mense

Elizabeth JosephEmmanuel Anana Samuntu is a 19-year-old high jumper with a personal best of 2.12m.He also has a long jump personal best of 7.27m. He...

Weer, Dinsdag 12 November 2019

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met ‘n paar donderbuie in die noordooste. Geïsoleerde donderbuie word in die Zambezistreek verwag. In die...

Bek-en-klouseer: Verbod op SA-invoere geld steeds

6 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Namibiese direktoraat veeartsenydienste (DVS) sê die verbod op invoere van vleis en vleisprodukte van Suid-Afrika af staan steeds, soos ingestel tydens...

Stukkie paradys padlangs

6 ure gelede | Byvoegsels

Tanja Bause - Langs die B1-hoofweg by Mariental lê ’n stukkie paradys. Die Padlangs-padstal, wat in November verlede jaar sy deure oopgemaak het, is nie...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

6 ure gelede | Politiek

Esther Utjiua MuinjangueNational Unity Democratic Organisation (Nudo)Esther Utjiua Muinjangwe, die leier van Nudo, is die eerste vroulike leier van ‘n politieke party in Namibië en...

Laat jou partytjie in my hande

6 ure gelede | Byvoegsels

Tanja Bause - Lüderitz spog nou met sy eie geleentheidsontwerper.Nicole Ferreira beplan sedert 2012 verskeie partytjies op die dorp. Vanjaar het sy besluit om haar...