Kanime hoor glo dié week
Verslag afgehandel
Denver Kisting – Die geskorste hoof van die Windhoekse stadspolisie, mnr. Abraham Kanime, gaan vandeesweek glo sy lot hoor.
Mnr. Robert Kahimise, uitvoerende hoof van die stadsraad (CoW), het gistermiddag by navraag gesê hy het Vrydag ’n verslag van PricewaterhouseCoopers (PwC) ontvang.
Dié ouditfirma is deur Kahimise gelas om ’n ondersoek na beweerde ongerymdhede teen Kanime van stapel te stuur.
Kahimise het gister onderneem om die bevindinge van PwC te bestudeer en dan ’n besluit te neem. “Ons sal julle laat weet.”
Kanime het egter gistermiddag opnuut benadruk hy het nog geen woord van die stadsvaders sedert sy skorsing vroeër vanjaar verneem nie.
Kanime is drie maande gelede deur Kahimise in die pad gesteek.
Daar het dadels gekom van ’n openbare onderneming deur Kahimise dat die dissiplinêre proses teen Kanime binne twee maande afgehandel sou word.
Die stadsraad het Kanime aanvanklik op 26 Maart sonder vergoeding geskors – ’n skuif wat hy nog dieselfde aand suksesvol beveg het.
Hy het verlede maand bevestig hy ontvang steeds getrou sy salaris ondanks die feit dat hy hangende die ondersoek nie sy voete naby die perseel van die stadspolisie mag sit nie.
“Ja, ek ontvang my salaris, maar dit gaan nie daaroor nie. Dit gaan oor my nasionale verantwoordelikheid.”
Die vete tussen Kanime en Kahimise is einde Maart vanjaar met Kanime se skorsing op die spits gedryf.
Kanime het ten tye van die aankondiging gesê die aantygings teen hom is niks anders as oëverblindery nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie