Kan Akani in Rome onoorwonne bly?

16 September 2020 | Sport
Wim Pretorius – Akani Simbine maak Donderdag sy buiging in 2020 se Diamantliga-reeks wanneer hy in Rome in die 100 m aantree en in die proses ook sy onoorwonne vertoningslys vir die jaar sal probeer voortsit.
Die Statebondkampioen sal mik vir ’n vyfde agtereenvolgende oorwinning in Europa.
Dié keer sal dit egter sy grootste toets van die jaar wees, met vyf van sy nege teenstanders wat ook met persoonlike beste tye van onder 10 sekondes spog. Simbine is egter die enigste van dié blitse wat vanjaar al deur die 10 sek.-grens kon bars.
Vir Simbine sal dit sy tweede wedloop in drie dae wees nadat hy Dinsdagaand in Switserland baas was in ’n tyd van 10.02, die naasbeste tyd ter wêreld in Augustus en September.
Simbine se grootste teenstanders sal die Amerikaner Michael Rodgers, die Ivoorkus se Arthur Cissé, Jamaika se Julian Forte en die Italianers Marcell Jacobs en Filippo Tortu wees.
Antonio Alkana, wat self Dinsdag in Switserland in aksie was, sal weer in die 110 m-hekkies aantree.
Hy sal hoop om voort te bou op sy beste tyd van 13.40 dié seisoen en sal waarskynlik na nog ’n hoër rat moet oorskakel indien hy op die podium wil verskyn.
Die Brit Andrew Wells, Fransman Wilhem Belocian en die twee Amerikaners, Freddie Crittenden en Aaron Mallet, wat langs hom in die blokke sal sak, het almal vanjaar al vinniger tye opgestel.
Vir Zane Weir sal die byeenkoms in Rome ook ’n spesiale ervaring wees, met dié gewigstoter wat sy buiging in die Diamantliga-reeks gaan maak.
Die oud-hoofseun van Westville Boys High School in KwaZulu-Natal het twee weke gelede sy 25ste verjaardag gevier en ’n goeie vertoning sal die kersie op die koek wees.
Weir het ’n persoonlike beste afstand van 20,33 m vanjaar behaal, maar sal teen gedugte teenstanders te staan kom.
Leonardo Del Gatto van Italië (21,99), Nick Ponzio (21,72) en Payton Otterdahl (21,19) van die VSA het almal vanjaar die maatband al verder as 21 m laat rek.
• Die byeenkoms word regstreeks op SuperSport Variety 3 (208) uitgesaai vanaf 19:00.
• Tye wat Suid-Afrikaners deelneem:
Gewigstoot: Zane Weir (19:30); 110 m-hekkies: Antonio Alkana (19:47); 100 m: Akani Simbine (20:15).
– Netwerk24


FOTO
Akani Simbine vroeër vandeesmaand in Italië nadat hy die 100 m gewen het by die Palio della Quercia-byeenkoms. Foto Getty Images

Soortgelyk

 

22 gevangenes toets positief vir Covid-19

6 ure gelede | Gesondheid

Twee-en-twintig gevangenes van die Sentrale Gevangenis in Windhoek is deel van die 34 nuwe Covid-19-gevalle wat in die hoofstad aangeteken is. Volgens die minister...

Beweerde baba-ontvoerder gou vasgetrek

11 ure gelede | Misdaad

Kristien Kruger – ’n Beweerde baba-ontvoering het inwoners van Havana geskok net weke ná twee gruvoorvalle in dié informele nedersetting in die hoofstad.’n Twee maande...

Noorde brand wéér

21 ure gelede | Omgewing

‘n Groot veldbrand woed tans naby Tsumeb, met een persoon wat sê hy kon bykans nie verby die vuur kom om die dorp binne te...

345 leerlinge toets positief vir Covid-19

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Tot op hede het 345 leerlinge in Namibië positief vir Covid-19 getoets. Die meeste is in die Oshikotostreek en wel 170 (49,3%)...

Viskwota-sirkus

21 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die regering se viskwotaveiling het klaaglik misluk.Van die beoogde N$628 miljoen wat die regering uit die kwotaverkope vir maasbanker, stokvis en monnikvis...

Jooste skors Nida-raad

21 ure gelede | Regering

Elvira HattinghDie huidige raad van direkteure vir die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), is gevra om hul kantore te ontruim en is die afgelope...

Weer vir 1 Oktober

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezistreek met 'n paar buie, andersins sonnig en baie warm tot warm in die //Karasstreek.KUS: Gedeeltelik bewolk...

Lucia sterk goed aan

21 ure gelede | Gesondheid

Tanja Bause Vier maande nadat Lucia Soroses (8) met ernstige brandwonde na die sentrale hospitaal in Windhoek verplaas is, sterk sy goed aan.Mnr. George Olivier...

Meer as miljard vir MIV-stryd

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDie bekamping van MIV/vigs in Namibië het ’n reuse-hupstoot van miljoene Namibiese dollar gekry met die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) wat...