Kamushinda veg voort
Kamushinda veg voort

Kamushinda veg voort

Die voormalige bankbaas dring daarop aan dat die hof alle stappe ongeldig verklaar wat tot dusver met betrekking tot die SME Bank gedoen is.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Die man wat as die meesterbrein agter die SME Bank se plundering beskou word, mnr. Enock Kamushinda, weier om boedel oor te gee en gaan voort met sy stryd om die bank se “sluiting” om te keer.

In sy jongste hofuitdaging vra hy die Hoërhof moet verklaar die bank se “sluiting” is ’n skending van artikel 16 en 18 van die Grondwet en derhalwe ongeldig.

Hy dring ook daarop aan dat die hof alle stappe ongeldig verklaar wat die Bank of Namibia (BoN) tot dusver met betrekking tot die SME Bank gedoen het.

Dit sluit in die verwydering van die bank se destydse direkteursraad en die aanstelling van die likwidateurs mnre. David Bruni en Ian McLaren.

Kamushinda eis ook dat alle geld wat tot dusver bestee is in die proses om die SME Bank tot ’n einde te bring, insluitend likwidasiekostes, bereken word en aan die bank se aandeelhouers terugbetaal word.

Artikel 16 van die Grondwet gaan oor die reg op eiendom en artikel 18 oor administratiewe geregtigheid.

In hul beantwoordende verklaring sê die likwidateurs Kamushinda se aansoek is “vaag, ’n verleentheid en onverstaanbaar”, aangesien die SME Bank nooit gesluit is nie, maar op die hooggeregshof se bevel gelikwideer is.

Die bank was tot 11 Julie 2017 in bedryf toe dit voorlopig gelikwideer is.

Die likwidateurs sê Kamushinda en sy entiteite, WorldEagle en Metropolitan Bank of Zimbabwe (MetBank), se vroeëre pogings om die bank se likiwdasie te keer was nie suksesvol nie en dis nie moontlik om “’n perd wat lankal dood is uit die sloot te sleep” nie.

MetBank en WorldEagle het onderskeidelik slegs N$49,5 miljoen (vir 30%) en N$8,3 miljoen (vir 5%) tot hul aandele in SME Bank bygedra.

Die likwidateurs sê Kamushinda, die uitvoerende hoof mnr. Tawanda Mumvuma, die voormalige finansiële bestuurder mnr. Joseph Banda en ander het teen 6 Maart reeds N$247 miljoen van die SME Bank “gesteel”.

Bruni en McLaren sê Kamushinda identifiseer nie enige “verlore eiendom” in sy aansoek nie en is dus nie begaan oor veel meer as om die bank as ’n “kontantkoei” te gebruik nie.

Hulle sê verder Kamushinda en sy “mede-oortreders” is die enigste oorsaak van die SME Bank se ineenstorting.

Volgens die likwidateurs beteken die bank se likwidasie dat MetBank en WorldEagle hul belang in die bank verloor.

Bruni en McLaren sê hulle het reeds N$60 miljoen deur litigasie en insolvensie-ondersoeke in Suid-Afrika verhaal, en die proses duur voort.

Hulle sê dit is “absoluut van kardinale belang en nodig” dat met Kamushinda en sy medepligtiges afgereken word.

Die likwidateurs het op 15 Junie vanjaar ‘n aansoek hanteer om Kamushinda en sy span in Zimbabwe te dagvaar.

Die dagvaarding is teengestaan en ’n vrystelling is verkry.

Aandele en verpligte bydraes

Op 3 September 2012 het die BoN MetBank as ’n 30%-aandeelhouer goedgekeur, en weer op 15 Julie 2015.

MetBank bly aanspreeklik vir sy aandeelhour-bydrae en vir die tekort op die datum wat bank gelikwideer is, sê die likwidateurs.

Die regering is deur middel van die Namibia Financing Trust ’n 65%-aandeelhouer.

Die likwidateurs sê Kamushinda, MetBank en WorldEagle het nie hul verpligte bydraes betaal nie. MetBank se uitstaande bydraes sedert 1 Maart 2015 beloop N$121,5 miljoen en WorldEagle s’n N$20,2 miljoen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.12/OZ UP +0.10% | Copper US$ 4.52/lb UP +0.24% | Zinc US$ 2 853.60/T DOWN -0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.18/BBP UP +0.32% | Platinum US$ 911.22/OZ DOWN -0.0051 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.12/OZ UP +0.10% | Copper US$ 4.52/lb UP +0.24% | Zinc US$ 2 853.60/T DOWN -0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.18/BBP UP +0.32% | Platinum US$ 911.22/OZ DOWN -0.0051