Kampvegters vir mediavryheid

Gwen en Toivo afgevaardig

01 April 2021 | Gebeure
Augetto Graig



Die voortdurende stryd om media­vryheid wêreldwyd bereik op 3 Mei 'n hoogtepunt en uit Namibië, Afrika se kampvegter van vrye media, is legendes aan die voorpunt om die verspreiding van inligting te bevorder.

Gwen Lister en Toivo ­Ndjebela is deur die Redakteursforum van Namibië (EFN) afgevaardig om die voortou te neem en die herdenking van die Windhoek Deklarasie aan die wêreld bekend te stel.

Op die dertigste herdenking van dié Deklarasie sal die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco) se jaarlikse skou­spel vir die vryheid van die media terug na Windhoek kom wanneer Wêreldpersvryheidsdag by die Safari Court Hotel gevier word.

“Die Namibiese media is trots om Gwen en Toivo as ons woordvoerders, gedurende hierdie merkwaardige tyd in die geskiedenis van ons bedryf en van die wêreldwye media­sektor, voor te stel,” sê die EFN se voorsitter, Frank Steffen.

Lister is die voorsitter van die Namibia Media Trust, stigtersredakteur van The Namibian en ontvanger van verskeie internasionale mediavryheidstoekennings veral ná prestasies met 'n onafhanklike koerant gedurende apartheidstye.

Ndjebela is 'n loopbaanjoernalis, die huidige redakteur van Namibian Sun en het meer as 14 jaar by verskeie privaat en staatsmedia in Namibië gewerk.

“Hulle sal unieke insigte kan deel oor hoe hulle die seismiese verskui­wings binne die joernalistiek en mediavryheid oor die laaste drie dekades oorkom het, en wat hulle reken die toekoms vir ons inhou,” sê Steffen.

Lister was ook saam met wyle Pius Njawe van Kameroen die medevoorsitters van die Unesco-seminaar wat op 3 Mei 1997 plaasgevind het en waar die Windhoek Deklarasie aanvaar is.

ROLMODEL

“Nie net het Namibië die wêreld die geskenk van die Windhoek Deklarasie gegee nie, maar die land kan ook as 'n positiewe rolmodel vir vrye media in Afrika en elders gesien word.

“Ons bedank Gwen en Toivo vir hul ­beskikbaarheid om as ons ­kampvegters te dien en sien uit na hul vertellings van die werklikhede wat joernaliste in die strewe tot inligting vir ­openbare vooruitgang in die gesig moet staar,” voeg Steffen by.

Die konferensie vir vanjaar se Wêreldpersvryheidsdag sal gedeeltelik virtueel en gedeeltelik in persoon 'n beperkte aantal joernaliste en ander media van oraloor die wêreld vanaf 1 tot 3 Mei bymekaarbring.

Die konferensie sal volg op verskeie feesvieringe wat deur die regering en Unesco beplan word in die aanloop tot die herdenkingsdag.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Nog 286 ingeënt, 88 nuwe gevalle, drie sterftes

9 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes skuif met drie - al drie in Windhoek - op tot 523, 88 nuwe gevalle is aangemeld en nog 286 mense is...

Blitstoetse vir reisigers word nou aanvaar

13 ure gelede | Toerisme

Negatiewe blitstoetse vir reisigers word nou by grense aanvaar, het die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, vanmiddag aangekondig. “Negatiewe blitstoetse vir inkomende reisigers sal by grensposte...

Tot 100 mag vergader, geen maskers vir kinders onder...

13 ure gelede | Gesondheid

*Die aantal persone wat 'n openbare byeenkoms bywoon, verhoog van 50 tot 100 persone per geleentheid of dit binne- of buitemuurs is. *Organiseerders moet 'n...

Entstowwe van Covax binne drie weke verwag

14 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê volgens Covax sal Namibië in die volgende drie weke die land se beloofde entstowwe...

Unicef: Kinders se lewe het nie verbeter

19 ure gelede | Skole

Namibië is een van baie Afrikalande waar kinders se lewens ten spyte van ekonomiese groei nie verbeter het nie. Dit volgens Unicef se verteenwoordiger in...

Een persoon ontwikkel matige simptome ná Sinopharm-entstof

20 ure gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, sê net een persoon uit die meer as 800 wat met die Sinopharm-entstof teen Covid-19 ingeënt is, het...

Geen borg vir ‘tref-en-trap-lorriedrywer’

1 dag gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die vragmotorbestuurder wat glo Sondagaand ’n voetganger langs die B2-hoofpad by Okahandja doodgery en weggejaag het, bly in aanhouding. Mnr. Efraim...

Weer vir Woensdag 31 Maart

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal oor die kusgebiede voortduur. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die suidweste en die noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en...

Komsberg, juweel in Namibië se landboukroon

1 dag gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer – “Ons wil nie die grootste plaas in Namibië wees nie, maar ons streef daarna om die beste plaas te wees en die...