Kampvegter vir mens en dier

Mariana Balt
Mariana Balt - Net so uitbundig en ryk soos die lap rooigrond waar oor ? mens ry voordat jy afdraai na Eilenriede, Ryno en Janeen van der Merwe se plaasopstal, so gul en hartlik is die ontvangs daar - deur beide mens en waghond.
Pas terug van ? vakansie by die see, bied ? bruingebrande Janeen dadelik tee en oorskiet-Krismiskoek aan en onder haar spontane lag en die bakster se vernuf word die laaste krummels in gesellige luim verorber.
Die klassieke eenvoud en styl in die huis spreek van mense wie se waardes hul lewenswyse rig en die teenwoordigheid van vooraf opgestelde notas van sy kant af maak dat ? onderhoud met Ryno glad en gestruktureerd verloop.
Geen wonder dus dat hy na vier jaar aan die stuur van die land se belangrikste landbou-organisasie, verlede jaar vir sy weldeurdagte bydrae as AgriSter bekroon is nie. Behalwe vir ? byderwetse trofee wat dié status verklaar, spog hy ook met ? spesiale oorkonde van minister John Mutorwa van landbou, water en bosbou wat hom loof vir sy sigbare bydraes tot die ontwikkeling van die landbousektor.
Sy visie
Die man wat vanaf 2008 tot 2012 die voorsitter van die Namibië Landbou-unie (NLU) was, gesels maklik oor wat hom dryf om te doen wat hy doen.
“Ek was van die begin af bewus van die vrese wat boere gehad het nadat ons die politieke magsbasis verloor het en het oorlewing en voortbestaan onder die nuwe omstandighede as ? uitdaging beskou,” sê hy.
“Enige regering het politieke doelwitte en in ons geval was dit onvermydelik dat grond herverdeel moes word om ongelykhede van die verlede reg te stel. Die keuse lê egter by ons of ons daaroor gaan bly mor en kla en of ons proaktief en met sinvolle insette daaraan gaan deelneem”.
Met die NLU wat die boerderygemeenskap só goed verteenwoordig, het hy van die begin af geglo dat dié organisasie inisiatief moes neem. “Dit het ons onder meer deur gronddatabasis en statistiek gedoen, sodat ons in alle stadiums presies geweet het hoeveel grond aan voorheen benadeelde boere oorgedra word”.
Die NLU het sekere doelwitte soos die erkenning en beskerming van grondbesit en -regte, die volhoubare benutting van natuurlike hulpbronne en harmonie tussen alle rolspelers. “Al dié doelwitte kon ingespan word om vir die regering ? vennoot in die proses te wees,” glo hy.
Dit was die begin af vir hom belangrik om toegang tot die land se beleidmakers te hê, aangesien hy glo dat onderhandelinge eerder as konfrontasie tot goeie besluitneming lei. Net so voel hy sterk daaroor dat georganiseerd teen swak dienslewering en korrupsie opgetree moet word.
Terwyl beide die NLU en die regering moet besef dat albei iets sal moet toegee in ? onderhandelde uitkoms, is bevoegde leierskap belangrik. “Ons moet die regering ondersteun om sy plig na te kom, soos om vrede en stabiliteit en beleggingsvertroue te skep,” glo Ryno.
Hy is tevrede dat hy in sy termyn as leier wel ? bydrae gelewer het om die regte klimaat vir politieke vrede en stabiliteit te skep sodat produsente in die toekoms optimaal kan produseer.
Die toekoms
As lid van die Brahmaan Telersvereniging sien hy nou uit na hul wêreldkongres in April in Parys (Vrystaat), maar eers is hy betrokke by die Vleisproduksieskool wat in Maart deur die Namibiese Stoettelersvereniging aangebied word.
Hy is ook nog by die nasionale grondhervormingsforum betrokke omdat hy steeds passievol is oor al die uitdagings wat Namibië as ? ware voorkeurland bied.
Maar sedert hy sy leiersrol in die NLU verlede jaar aan iemand anders oorgegee het, het hy minstens meer tyd om aan sy eerste liefde - die rooi en wit Brahmane op sy plaas - aandag te gee. “As stoetteler is my primêre doel om genetiese materiaal van hoogstaande gehalte aan ander produsente beskikbaar te stel,” verklaar hy.
Ryno is die tweede geslag boer op dié plaas nadat hy dit by sy pa oorgeneem het. Maar sy lewenspad het ook wye draaie deur klaskamers geloop: Na skool het hy ? BSc. (Hons.) in onderwys op Stellenbosch verwerf en agt jaar lank self lat geswaai voordat hy in 1990 kom boer het. Hy het vier jaar elk op Otjiwarongo en in Windhoek skoolgehou en het vandag nog ? sterk mening oor die stand en behoeftes van onderwys in die land.
Hy en Janeen geniet nou die tyd saam op die plaas en sy onmiddellike planne sluit beslis nie ure se sit in raadsale en vergaderings in nie, maar wel projekte soos ? nuwe dam, meer krale, nog ? skuur en ander “eenvoudige goed” soos ordentlike rakke vir sy werksplek. Natuurlik glo hy dat daar steeds ruimte is om sy stoet se genetika ook na ? volgende vlak te neem. Hier kom sy wetenskaplike kennis handig te pas, want die telersproses is uiters intensief en genomika behels ? fyn lyn tussen prestasie en etiese verantwoordelikheid.
Ryno en Janeen het twee seuns en ? dogter, almal reeds gegradueerd en nou in hul eie beroepe. Of enigeen van hulle eendag sou wou kom boer, twyfel hy, maar almal heg wel heelwat waarde aan die plaas. “Dit is vandag uiters moeilik vir enige beginner om ekonomies volhoubaar te kan boer,” sê Ryno realisties oor die toekoms. “? Mens moet ? intense belangstelling, maar ook ? ekonomiese hupstoot daarvoor hê.”
Hy sal egter aanhou boer solank as wat hy kan, dis immers nie net sy werk nie, maar ook sy stokperdjie en elke “pragtige kalf wat aankom” gee hom groot plesier.
Na nóg ? koppie tee ry ons om na ? deel van sy kudde te gaan kyk, waar Ryno verder die mooi diere se lof besing. Na ? paar foto's van hom en tussen sy diere, is dit tyd om verder te gaan.
Dié keer kyk ek met ander oë na die rooi grond en gras wat reeds kniehoogte staan na die onlangse reën en sien nie net die prentjiemooi daarvan nie, maar ook die voedende krag en die antwoord op vele boere-gebede.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%