Kalender
ELKE WEEK:
* Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.
* Die Inspirasiemark vind elke Saterdag tussen 08:30 en 14:00 by die Ou Kragstasie-kompleks plaas.
* Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Die ingangsfooi is N$80 vir volwassenes (halfprys vir kinders onder 6) en sluit twee stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe meer as 7 persone.
* Die Orca Coffee Bar bied een keer per maand ’n mark aan. Stalletjies is teen N$50 beskikbaar. Vir meer inligting, kontak Hennie Grobler by 081 229 0700. Die volgende datums is 6 Maart, 3 April, 1 Mei, 5 Junie, 3 Julie, 7 Augustus, 4 September, 2 Oktober, 5 November en 4 Desember.
NOU AAN DIE GANG:
Moenie die uitspattige, skouspelagtige plaaslike teaterproduksie Boet & Sus – wat tot 28 Februarie aanlyn gekyk kan word – misloop nie. Kaartjies kos N$120 en is beskikbaar op app.ibuynam.com.
SATERDAG 20 FEBRUARIE:
* Bingo vir liefdadigheid by Fachwerk op Swakopmund. Die kaartjies kos N$25 waarvan N$20 aan die Have A Heart Foundation geskenk word. Dit begin om 12:00.
DONDERDAG 25 FEBRUARIE:
*AGM Jeugsokker by die SFC-sportklub op Swakopmund begin om 18:00 en toegang is gratis.
*Future Females bied om 18:00 ’n werkwinkel by die Vintage Coffee Shop in Windhoek aan met die tema "Verander jou gemeenskap in wins en bou 'n volhoubare besigheid". Twee kundiges vertel hoe die idee van 'n tradisionele sakemodel uitgedaag word en hoe hulle volhoubare groei kon verseker sonder om uit te brand. Vir meer inligting, kontak Adel Oosthuizen by 081 124 5301. Kaartjies kos N$65 en is by Webtickets beskikbaar.
SATERDAG 27 FEBRUARIE:
Ná die wonderlike reën wat ons tot dusver gehad het, word die Omajova-fees by Otjiwa Safari Lodge aangebied. Bespreek ’n stalletjie teen N$200 (sluit 2 omajovas in) en staan ’n kans om ‘n prys met jou unieke omajova-gereg te wen. Die prys is ’n naweek vir twee by die Mountain Lodge B&B. Om in te skryf, stuur ’n e-pos na [email protected]. Al het jy nie ’n stalletjie nie, maak steeds ’n draai en help die beoordelaars om die beste omajova-dis te kies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie