Kalender 30 Junie
Nou aan die gang
» Die Biltongfees 2017 is hier! Hierdie jaar vier die Biltongfees sy 25ste bestaansjaar. Hierdie geleentheid is een van die grootste op Namibië se sosiale kalender. En elke jaar word dit net groter en lekkerder. Die fees vind vandag en môre by die SKW (Sportklub Windhoek) plaas. Daar gaan baie aktiwiteite vir die hele gesin wees, soos die gewilde motorskou, Mej. Biltong en talle kunstenaars. Vir meer inligting oor hierdie jaar se gewilde Biltongfees, besoek www.whatsonnamibia.com.
» Die Mandragora-sirkus is vanaand by die FNCC by Robert Mugabeweg 118 te sien. Hierdie Argentynse duo, Mariana Silva en Juan Cruz Bracamonte, gaan vir ‘n wonderlike aand sorg. Die vertoning kombineer kunstige vermaak wat kinders en volwassenes ewe hard sal laat proes. Hierdie sirkus het al in meer as 30 lande opgetree. Toegang is N$100 by die deur en die vertoning begin om 19:00. Vir meer inligting, besoek die FNCC se webtuiste.
» Dit is weer tyd vir die alombekende Boeremark by Windhoek se skougronde. Gaan geniet die mark met jou hele gesin. Daar is iets vir almal - van vars produkte, handgemaakte goedere en lekker eet– en drinkgoedjies. Die hekke maak 08:00 oop. Gratis toegang vir kinders en pensioenarisse. Volwassenes betaal N$5.
»
Maandag
» Fotografiedosent Djunior Svane bied slypskole in digitale fotografie vir beginners en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt, die nuwe restaurant by die Warehouse, beskikbaar.
» Chronicles of her: fantasies and realities, ’n uitstalling deur Shammah Phiri, open vandag by die FNCC. Die kunstenaar ontbloot haar siel met ’n versameling foto’s wat sy tydens die soeke na haarself geneem het. Hierdie is nie net ’n uitstalling nie, dis ’n liefdesverhaal.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word verskaf, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” se Facebook-blad of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
Donderdag
» Die Nasionale kunsgalery van Namibië bied met trots die foto-uitstalling Inspiration through the lens – Home is where the heart belongs, aan. Die uistalling open vandag. Ndasuunye Papa Shikongeni is ’n Namibiese kunstenaar wat internasionaal bekend is vir sy drukwerk, musiek en beeldhouwerk. In die hierdie uitstalling, wat Shikongeni se eerste solo-uitstalling is, kan belangstellendes die bekroonde fotograaf Tony Figueria, wat vroeër vanjaar gesterf het, se invloed op Shikongeni se werk sien. Toegang is gratis. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste.
» Set it Off vier hulle negende bestaansjaar met goeie komedie by die Warehouse-teater. Vier mooi, intelligente, snaakse vroue gaan vir jou laat rol van die lag. Die show begin om 19:30 en toegang beloop N$100. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
Vrydag
» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie