Kalender 2 Maart

02 March 2018 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang



» Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) bied vanaand en môreaand Thinning Lines aan. Hierdie toneelstuk gaan oor 'n ma van twee wat sukkel met al die verhoudings in haar lewe. Onder meer met ’n man se ontrouheid, ’n suster wat weier om groot te word en ’n rebelse tiener. In die proses verwaarloos sy haar jongste, wat ’n siekte het wat uiteindelik haar lewe kan kos. Vertonings begin vanaand en môreaand om 20:00 en kaartjies beloop N$50 vir volwassenes of N$30 vir studente en pensioenarisse en kan by die deur gekoop word. Vir meer inligting, besoek die NTN se Facebook-blad.



» Die komediant Jonathan, beter bekend as Radio Raps, bring vanaand sy stand-up komedie show Dingetjies en Goetertjies na Windhoek. Dingetjies en Goetertjies begin vanaand om 20:00 by die Windhoek Country Club and Casino en toegang is N$160. Dis ‘n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. Ná ‘n rowwe, besige week is dit ‘n lekker manier om die naweek met ‘n laggende gesig te begin. Vir meer inligting, skakel (061) 205 5748.





» Dit is weer tyd vir die maandelikse Boeremark. Gaan geniet die mark met jou gesin, want daar is iets vir almal. Van varsprodukte, handgemaakte goedere, iets om te eet en te drink, perdry en vermaak vir die kinders! Toegang is N$5 vir volwassenes en vir die kleinspan en oumas en oupas is dit gratis. Die mark is oop van 08:00 tot 13:00 en vind by Windhoek se skougronde plaas.

Maandag

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots ‘n groepuitstalling aan getiteld BOOTH. Met hierdie uitstalling is kunstenaars genooi om binne ‘n afgebakende ruimte grense uit te daag. Kunstenaars ontvang ‘n ruimte van 2 x 2 m om hul kuns te vertoon. Die uitstalling kan daagliks by die NAGN besoek word. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste of Facebook-blad.

Dinsdag

» Die komediant Kevin Fraser tree vanaand om 19:00 by die Warehouse-teater op. Kevin is bekend vir sy volmaakte aksent, aanlyn video's, en sy hoë-energie dansreekse op die verhoog. Hierdie man is verby snaaks. Kaartjies is by www.today.com.na beskikbaar en kos N$160. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Sluit aan by Sunya Beukes, ook bekend as Krayzee Sue, se uitstalling SUE-Realism wat tans by die FNCC-restaurant te sien is. As 'n lyfskilder, surrealistiese kunstenaar en 'n student van die lewe probeer Sunya haar gedagtes oor haar lewe deur haar kunswerke weergee. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad. Toegang is gratis.



Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.

» Die NAGN bied met trots Textiles and Textures aan. Dié uitstalling bestaan uit ‘n versameling kunswerke uit die Namibia Arts Association en die NAGN se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang ten opsigte van hul gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se stukke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin om 18:00 en duur tot 5 Mei.

Donderdag

» New Beginnings bestaan uit studente van die Kollege van die Kunste (Cota) se kunswerke. Hierdie jaar se uitstalling is die negende in die reeks en sal vir die derde agtereenvolgende keer by die NAGN gehou word. Die amptelike opening vind vandag om 18:00 in die NAGN se boonste galery plaas. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 21 April.

» Jazz Etcetera vind elke Donderdag by die Hilton se Kalabar tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

» Die Namibiese skilder Barbara Böhlke se solo-uitstalling Shifting Horizons open vandag om 18:00 by die StArt Art-galery. Die uitstalling sal Böhlke se vyfde solo-uitstalling wees en bestaan uit groot en klein skilderye wat met natuurlike pigmente soos otjize (bekende onder die Ovahimbas as ‘n mengsel van vet en oker) en houtskool geskep is. Shifting Horizons sal tot 8 Maart by die StArt Art-galery voortduur.

Soortgelyk

 

Plastieksakke uit nasionale parke verban

1 dag gelede | Omgewing

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het plastieksakke uit alle nasionale parke in die land verban. Die minister het gemaan geen...

Nampol-beamptes skuldig aan nalatigheid

1 dag gelede | Misdaad

Twee senior polisiebeamptes wat intern ondersoek is vir hul beweerde nalatigheid om betyds te reageer in ‘n saak waarin ‘n 18-jarige vyf familielede vroeër vanjaar...

Ollies les hul dors

2 dae gelede | In beeld

Namibiërs in die Zambezistreek kan vandag na verspreide donderbuie uitsien, terwyl dié elders in die binneland vir eers nog met enkele tot geïsoleerde buie tevrede...

Ekonomie: Hou sand uit wiele

2 dae gelede | Politiek

Ronelle Rademeyer Dubbele belasting, soos belasting op dividende en belasting op kapitaalwins is immoreel en gaan nié die ekonomie laat groei nie.'n Ekonomie is die...

PS'e binnekort nié permanent

2 dae gelede | Regering

Denver Kisting - As beplande wetgewing deurgevoer word, is PS’e binnekort nie meer “permanent” in die tuig nie.Hiernaas sal dié rekenpligtige beamptes van ministeries ook...

Gróót regshervorming binnekort op pad

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die werksaamhede van die land se howe word deur verskeie uitdagings gekortwiek.In die lig van hervorming wat die minister van justisie, mnr....

Ongelukke: Namibië 45ste op wêreldranglys

2 dae gelede | Ongelukke

Padongelukke kos Namibië jaarliks N$1,3 miljard en is die oorsaak van 3,76% van die land se totale sterftes.Dié skokkende syfers is Dinsdag namens die minister...

Weer vir 23 November 2018

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloe­dig warm in die ||Kharasstreek en die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele...

Weer, Donderdag 22 November 2018

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie word in...