Kalender 19 Januarie

19 January 2018 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

» David Amukoto en vriende het saamgespan om United In Art by die Woermannhaus-galery aan te bied. David is die bekende Namibiese kunstenaar wat ‘n graad in visuele kunste aan die John Maufangejo-kunssentrum voltooi het. United In Art open vandag op Swakopmund en duur voort tot 10 Februarie. Vir meer inligting, besoek www.whatsonnamibia.com.

» Droom jy daarvan om eendag op die Mej. Heelal-verhoog te staan? Hier is jou kans! Pageantry News Namibia bied môre tot Sondag ‘n werkwinkel vir meisies teen N$850 per persoon aan. Dit sluit handboeke en ligte verversings in. Indien jy belangstel om deel te raak van hierdie wonderlike geleentheid om jou loopboon op die planke af te skop, besoek Pageantry News Namibia se Facebook-blad of www.wherevent.com.

» ’n Fotografie-uitstalling vier die transformatiewe werk van Cardiff-universiteit in Namibië. Die fokus val op baanbrekerwerk om gesondheid te verbeter en om armoede in Namibië te verminder. Die Phoenix-projek, ’n vennootskap tussen Cardif-universiteit in Wallis en die Universiteit van Namibië (Unam), het ’n beduidende impak op die land sedert sy bekendstelling in 2014 gehad. Die uitstalling is tans by die Nasionale Kunsgalery van Namibië te sien en sal tot 18 Februarie duur.

» Imagine Games bied vanaand Quiz Night by die Imagine-kafee aan van 17:00 tot 22:00. Toets jou en jou vriende se algemene kennis en kyk of jou span die prys huis toe sal neem. Daar is algemene kennis- en dan ‘n paar nie-so-algemene kennis-vrae. Maak seker jy daag voor 19:00 op. Vir besprekings, skakel, SMS of WhatsApp +264811469276.

Maandag

» Die FNCC bied met trots hul eerste fotografieuitstalling vir vanjaar aan. Namibia by Namibian photographers bestaan uit die twee werke van 15 Namibiese fotograwe. Onder meer word landskappe, diere, leefstyl- en allerlei fotografie in hierdie uitstalling ten toon gestel. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad of www.wherevent.com. Toegang is gratis. Die uitstalling duur van 08:00 tot 17:00 tot 16 Februarie.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië bied met trots die Textiles and Textures-uitstalling aan. Die uitstalling bestaan uit ‘n versameling kunswerke van die Namibia Arts Association en die Nasionale Kunsgalery se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang ten opsigte van hul gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se stukke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin om 18:00 en duur tot 5 Mei 2018.

» Die FNCC-teater bied vandag om 18:00 die fliek Tamara aan. Dit is ’n komedie wat deur Alexandre Castagnetti geregisseer is. Tamara is ‘n 15-jarige tiener wat probleme met haar liggaamsbou ervaar. Tamara besluit dan om sake in haar eie hande te neem. Sy en haar beste vriendin het ‘n weddenskap aangegaan: Tamara moet met die eerste seun wat by die deur instap, uitgaan. Maar Diego, die mooiste en gewildste seun, is gekies. Sal Tamara daarin slaag om die weddenskap te wen? Toegang is N$40.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

» Dit is weer tyd vir Unam se jaarlikse visuele kuns-uitstalling. Hierdie uitstalling bestaan uit die werk van derdejaar- en vierdejaardiplomastudente wat kursusse in bemarking, keramiek, mode, museumstudies en tekstiel doen. Dit is ‘n geleentheid vir kunsliefhebbers om die werk van Namibië se jong talent te besigtig. Dié meesterstukke kan tot 3 Februarie by die Nasionale Kunsgalery bewonder word.

» Future Females Nambia bied ‘n seminaar oor die belangrikheid van sosiale media en selfbemarking vir vroue in Namibië by die Stellenbosch Tasting Room aan. Hierdie interaktiewe sessie het ten doel om vroue te leer hoe om sosiale media ten volle te benut. Toegang is N$30 en sluit ’n glas wyn en ‘n sny pizza in. Besoek www.today.com.na vir meer inligting.

Soortgelyk

 

August Maletzky se saak uitgestel

7 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Mnr. Slyken Makando, regsverteenwoordiger van die lekelitigant, mnr. August Maletzky, het bevestig sy korrupsiesaak is vanoggend tot 20 Julie uitgestel.Daarnaas, sê Makando,...

Stemlyn Maandag oop

18 ure gelede | Gebeure

Vanaf Maandag het almal een SMS-stem om die Klein Dorp van die Jaar vir 2018 aan te wys. Wees gereed om jou steun aan Eenhana,...

Alexia se ouers dagvaar staat vir N$3,2 miljoen

18 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Alexia Keil, die Namibiese kleuter wat in Maart 2017 in die Bwabwata Nasionale Park deur lede van die teenstropingseenheid in die kop...

'Reuseterugslag' sou wetsontwerp nie aanvaar word

18 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Indien die nuwe wetsontwerp op gesondheidsberoepe nie goedgekeur word nie sal dit die “grootste terugslag” vir gesondheid in Namibië wees.Die nuwe wet...

Weer vir 18

18 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar neerslae word in die verre Weste en Suide van die land verwag. Oorstromings kan oor die sentrale en suidelike kus voorkom. BINNELAND: Gedeeltelik...

Vrou (59) tronk toe oor dagga

18 ure gelede | Howe

Denver Kisting'n Inwoner van Rehoboth is die afgelope week drie jaar gevangenisstraf opgelê weens daggabesit – net 'n dag nadat sy aangekeer is.Volgens die misdaadkoördineerder...

Werke ontken verkoop van woonstelle

18 ure gelede | Ministeries

Catherine SasmanDie ministerie van werke en vervoer sê hy het nie regeringswoonstelle verkoop soos beweer word nie, aangesien hy nie die mandaat het om dit...

Wêreld kry eerste byedag

18 ure gelede | Omgewing

Tanja BauseDie getal bestuiwers ter wêreld het met 'n driekwart in die laaste 30 jaar in Europa afgeneem, het ­wetenskaplikes bevind. Die Verenigde Nasies (VN)...

Kuns langs die langpad

18 ure gelede | Mense

Tanja BauseDie hoofpad tussen Rundu en die ­Mururani- veeartsenykundige hek is volgepak met stalletjies wat handgemaakte potte, ­houtsneebeelde en kos wat tans in seisoen is,...