Kalender 10 Mei

10 May 2019 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) nooi alle kunsliefhebbers uit om vanaand die solo-uitstalling Metaphor, deur die Namibiese beeldende kunstenaar Alfeus Mvula, te besoek. “Mvula se kuns word deur sy persoonlike lewe en vroeë ervarings in Namibië beïnvloed,” sê dr. Meredith Palumbo in die inleiding vir sy katalogus genaamd Identity. Sy voer verder aan: “Die onderwerp van sy kuns verwys na sy landelike wortels en sluit uitbeeldings van beeste, tradisionele voorwerpe, Afrikarokke en die landskappe van die Noorde in.” Die uitstalling het ’n kragtige metafoor vir Namibiërs geword. Mvula sê: “Die kop is deel van die liggaam; die kop is iemand in beheer van ’n groep; kop is die plek van ons verstand en verstandelike vermoëns”. Metaphor is tot 22 Junie by die NAGN te sien.



» ?Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Wolfshack op. Hierdie groep maak al jare musiek en bly gewild onder musiekliefhebbers. Moenie hierdie geleentheid misloop, waartydens die groep weer eens gaan bewys hoekom hulle steeds van die mooiste Namibiese musiek maak nie. Toegang is gratis en die show begin om 20:00. Vir meer inligting, besoek The Wolfshack se Facebook-blad.



» Beat Street is vanaand by die Boiler Room in die Warehouse-teater op die planke. Van die mees outentieke hip-hop-liedjies kan by die show verwag word. DJ Soulfood en DJ Musketeer sal jou heupe behoorlik loskry. Toegang is gratis en deure maak om 20:00 oop. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.na

» Die DBV in Windhoek bied môre om 09:00 ’n opedag aan. Toere deur die diereskuiling sal aangebied word. Vir die jongspan is daar gesigverf en ander vermaak, terwyl ouers die lekkerste koffie en tee kan geniet.

»Die Salsa Windhoek Social Club bied hul laaste straat- salsapartytjie vir die somer aan. Die geleentheid vind om 19:00 by Cramer’s Ice Cream in Onafhanklikheidsrylaan plaas. Geniet ’n aand van salsa, bachata, cha-cha, ballroom, reggae en Afrika-danse onder die Namibiese sterre. Toegang is gratis.



» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Die Kunsvereniging op Swakopmund bied Symphony of Colours aan. Dié groepuitstalling is tans by die Woermannhaus-galery. Ondersteun plaaslike kunstenaars en waardeer hul wonderlike, oorspronklike kuns.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

9 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

9 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

9 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

9 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

9 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

9 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....